News
’n Gedeelde visie vir die toekoms: ’n betrokkenheid wat ’n nuwe era van samewerking inlui
Die Noordwes-Universiteit (NWU) en die Myngesondheids- en -veiligheidsraad (Mine Health and Safety Council, MHSC) het op Maandag 18 Desember 2023 ’n gesprek gehou om samewerking en die ontwikkeling van ’n verhouding te bevorder wat vir albei partye tot voordeel kan wees.
Die vergadering het by die kantoor van die visekanselier in gebou…
Riaan Venter se troepe breek die USSA-droogte
“Vat ’n blaaskans, asseblief!” skree afrigter Riaan Venter aan die spelers wat hy op die baan by die Fanie du Toit Sportterrein afrig. Dit is die middel van Januarie, ’n maand of wat ná die oorwinning van die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles by die tennistoernooi van Universiteitesport Suid-Afrika (USSA) in Makhanda, vroeër bekend as…
Fakulteit Regte bied konferensie vir Suider-Afrikaanse regsdosente aan
Die Suider-Afrikaanse samelewing is steeds besig om ’n magdom uitdagings te trotseer. Hoë vlakke van armoede en werkloosheid, onvoldoende infrastruktuur en elektrisiteitsvoorsiening, misdaad en stygende vlakke van korrupsie, en al die verskillende nalatenskappe van kolonialisme en apartheid dra alles by tot die giftige mengsel wat lewens en…
Bou ’n blinker toekoms: die heel eerste program van SASS streef daarna om môre se leiers te bemagtig
Die organisasie Hoër Onderwys en Leierskapbestuur (Higher Education and Leaderrship Management, HELM), het vroeër hierdie jaar die Studentesake en Studentesukses-program (SASS-program) by die Kopanong Hotel en Konferensiesentrum in Benoni, Johannesburg bekendgestel.
SASS is ’n nasionale leierskapsbemagtigingsprogram vir…
Intydse monitering in beroepshigiëne
Die Beroepshigiëne en Gesondheidsnavorsingsinisiatief (OHHRI) by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het op 29 en 30 November 2023 ’n werkswinkel aangebied om kennis en beste praktyke met betrekking tot die gebruik van direktelees-metodologieë en -sensors in beroepshigiëne te deel. Die geleentheid met die…
’n Seisoen vir deel: NWU ondersteun ’n Kersfees-feesviering vir minderbevoorregte kinders
Verteenwoordigers van die Noordwes-Universiteit (NWU) het die Kerspartytjie vir minderbevoorregte kinders ondersteun wat op Saterdag 2 Desember 2023 deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) by die Artillerieskool, Klipdrift Militêre Basis gehou is.
Onder die vername gaste was brigadier Steven Moodley, stasiebevelvoerder by die SAPD…
Verby stigma: insigte van kundiges in ’n gespesialiseerde aanlyn seminaar oor MIV/vigs
Op Maandag 4 Desember 2023 het Bestmed, Suid-Afrika se grootste selfgeadministreerde mediese skema, in samewerking met die Noordwes-Universiteit (NWU) as deel van hulle Tempo gesondheids- en welstandsprogram ’n webinaar aangebied.
Volgens me Bonita Maboeta, senior welstandspesialis by die NWU, was die doel van die geleentheid om ’n…
Bestuursrekenmeesters palm internasionale liggaam se top-Afrikatoekennings in
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het homself weer as een van die land se voorste rekeningkunde-instellings onderskei toe die NWU se Skool vir Rekeningkunde en sy Bestuursrekenmeesterskapprogram drie gesogte professionele Chartered Global Management Accountant (CGMA) Professional Africa-toekennings ontvang het. Die toekennings word deur die…
Negatiewe faktore lei tot derde kwartaal se BBP-daling
Die daling in die groei van die bruto binnelandse produk (BBP) tot -0,2% vanaf 0,5% in die tweede kwartaal van 2023 was erger as wat verwag is.
Statistieke Suid-Afrika het op 5 Desember die BBP-groeisyfers vir die derde kwartaal bekend gemaak. Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, sê…
NWU onder topagt universiteite in Afrika vir omgewingsvolhoubaarheid
Die vernaamste aspek van die hantering van omgewings-, maatskaplike en beheerkwessies is om iets te doen om volhoubare oplossings te vind. Die Noordwes-Universiteit (NWU) is onder die voorste hoëronderwysinstellings in Afrika wat betref hulle reaksie op dwingende omgewings-, maatskaplike en beheerkwessies.
Dit is volgens die jongste…