’n Seisoen vir deel: NWU ondersteun ’n Kersfees-feesviering vir minderbevoorregte kinders

Verteenwoordigers van die Noordwes-Universiteit (NWU) het die Kerspartytjie vir minderbevoorregte kinders ondersteun wat op Saterdag 2 Desember 2023 deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) by die Artillerieskool, Klipdrift Militêre Basis gehou is.

Onder die vername gaste was brigadier Steven Moodley, stasiebevelvoerder by die SAPD Potchefstroom, en kolonel Des Ayob, direkteur van Beskermingsdienste by die NWU. Mev Lizelle le Roux, van die kantoor van die adjunkvisekanselier vir Inligtingstegnologie (IT) en Potchefstroomkampusbedrywighede, was die ander gas.

Speelgoed wat deur personeellede van die NWU geskenk is, is op Vrydag 1 Desember deur kolonel Des Ayob en mev Lizelle le Roux by die SAPD se kantoor in Potchefstroom afgelewer.

Die kinders, in rooi en wit geklee, kon na ’n vrolike poppespel kyk wat die betekenis van Kersfees verduidelik het. Die kinders het ná die vertoning lekkernye soos lekkers, koekies en koeldranke en ook speelgoed ontvang.

Vincent Eastes, projek- en kantoorbestuurder by die kantoor van prof Daryl Balia, adjunkvisekanselier vir Inligtingstegnologie en Potchefstroomkampusbedrywighede, sê die NWU se betrokkenheid by gemeenskapsbetrokkenheid stel die universiteit in staat om sy breër maatskaplike rol te vervul en ’n bydrae tot die welstand van die Potchefstroomse gemeenskap te lewer.

Vincent sê dat om die getal donasies van speelgoed van die NWU-personeel te vermeerder, die instelling se sosialemediakanale benut sal word om ’n bewustheid vir toekomstige inisiatiewe te skep.

’n Geslaagde gebeurtenis en ’n gelukkige oomblik vir die minderbevoorregtes. Dit is wonderlik hoe ’n speelding ’n kind se dag kan opvrolik.

....

Afgevaardigdes van die NWU en die SAPD by die Kerspartytjie vir minderbevoorregte kinders, met die speelgoed wat deur die NWU en personeellede van die SAPD geskenk is.

 

Submitted on Fri, 12/08/2023 - 11:03