News
Selfbestuurmotors, vinnige kommunikasie en slimstede benodig gevorderde draadlose netwerke om te kan werk
Kunsmatige intelligensie (KI) het kommunikasiestelsels in die hedendaagse moderne wêreld beduidend verander. Die integrasie van KI by verskillende kommunikasiestelsels sal waarskynlik tot meer gevorderde vermoëns en die uitvinding van nuwe toepassings lei – outonome voertuie, buitengewoon vinnige kommunikasiespoed en slimstede gaan deur ’n mens…
Hoe bruin seewier en gebruikte oestersampioensubstraat vir hoendervoer gebruik kan word
Een van die grootste uitdagings wat Afrika in die gesig staar, is voedselsekerheid. Dr Godfrey Mhlongo, ’n onlangse PhD-gegradueerde in dierewetenskap aan die Noordwes-Universiteit (NWU), glo dat inheemse hoenders, bruin seewier en oestersampioensaad kan help om die vasteland te voed en die omgewing te bewaar.
Hy het…
Navorser ondersoek energiesekerheid vir Suider-Afrika
Hoewel elektrisiteitsnutsmaatskappye in staatsbesit reeds lank die energieproduksie in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) beheer, kan groter betrokkenheid van die privaat sektor energiesekerheid regoor die substreek ’n hupstoot gee.
Die goeie nuus is dat die lidlande van die SAOG aktief beleggings in die energiesektor…
News24 kies NWU-innoveerder as ’n Jong Mandela
Die nalatenskap en impak van voormalige president Nelson Mandela om mense se lewens ten goede te verander, is steeds iets om na te streef.
News24 het onlangs hulle Jong Mandelas vir 2024 gekies – en vier ’n nuwe geslag jong kampioene wat daartoe verbind is om die Suid-Afrika van Madiba se drome te bou.
Ian Thomson, ’n PhD-…
TTIS brou samewerking en kreatiwiteit met Koffieproffie
Die Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuningskantoor (TTIS-kantoor) by die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs die eerste rondte van ’n innoverende inisiatief getiteld Koffieproffie aangebied. Dit is bedoel om samewerking en kreatiwiteit onder navorsers en innoveerders te kweek. Die oogmerk van hierdie unieke veldtog is om die…
Prof Wannie Carstens ontvang gesogte prys vir bydraes tot Afrikaans
Prof Wannie Carstens, die voormalige direkteur van die Skool vir Tale aan die Noordwes-Universiteit (NWU), het die gesogte Jan H Marais-prys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy buitengewone bydrae tot Afrikaans as wetenskaptaal ontvang. Dit is ter erkenning van die hoë vlak en hoë gehalte van sy werk, asook sy kundige…
Groeivooruitsigte sal verbeter indien beleidsonsekerheid afneem
Dit was nie onverwags dat die Monetêrebeleidskomitee (MBK) van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) met ’n meerderheidstem van vier teen twee (in teenstelling met ’n eenparige besluit in Mei) besluit het om weer eens vir eers die rentekoerse onveranderd te laat nie.
In sy kommentaar op hierdie besluit op 18 Julie sê prof…
TTIS ondersoek sonkraginnovasie by Enel Green Power se sonkragaanleg in die Noord-Kaap
Die span van Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuning (TTIS) by die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs as deel van voortgesette pogings om innovasie- en bedryfsvennootskappe te ondersteun, ’n groep akademiese personeellede wat in sonkragenergieverwante projekte spesialiseer op ’n opwindende toer na Enel Green Power se Adams-…
Die Noordwes-Universiteit hou joernalistiek lewendig
Daar is ’n Engelse uitdrukking wat sê jy soek nie moeilikheid met ouens wat ink by die vat koop nie. Dit was dalk waar toe gedrukte koerante oor nuusverspreiding koning gekraai het. Noudat bandwydte egter hierdie vate vol ink vervang het, is daar nog ’n toekoms vir joernaliste in die tradisionele sin van die woord?
Hierdie kwessie is…
NWU en ROF bemagtig Afrikaanssprekende onderwysers
Dit is 10 jaar sedert die Noordwes-Universiteit (NWU) en die Rapport Onderwysfonds (ROF) begin saamwerk het om Afrikaanssprekende onderwysstudente by die universiteit met ’n ROF-beurslening te help.
’n Afvaardiging van die ROF, wat bestaan het uit Inge Kühne, voorsitter, Phil-Marie Roberts van die ROF en Werner Human van die ROF se Raad…