News
NWU HART bepleit ’n bewustheid van hipertensie in Mei Metingsmaand
Hoë bloeddruk is ’n stille moordenaar wat ’n dodelike hartaanval kan veroorsaak. Sonder behandeling kan dit ’n persoon se lewensgehalte ook erg raak en hartsiekte, nierskade, geheueverlies of selfs ’n gestremdheid of ’n beroerte veroorsaak. Baie mense wat kwesbaar is, weet moontlik nie eers dat hulle dit het nie, aangesien hipertensie sy werk…
NWU vier uitnemendheid en waardes in aksie
Om kernwaardes uit te leef, word nie net deur die Noordwes-Universiteit (NWU) aangemoedig nie, dit word gevier. Die universiteit het op 22 Mei ’n erkenning- en toekenningseremonie aangebied om erkenning te verleen aan personeel en studente wat die gees en uitnemendheid van die NWU beliggaam.
Die NWU Media and Organisational Citizenship…
Jongste Begroting verskaf basis om fiskale volhoubaarheid te bou
Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, se hersiene derde Begroting is in die lig van die huidige omstandighede pragmaties.
Dit is die mening van prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool. In sy kommentaar op die derde Begroting wat op 21 Mei aan die parlement voorgelê is, sê prof Parsons…
Werkloosheidsvlak laat kommer oor swak groeiprestasie styg
Die 1%-styging in die werkloosheidvlak in die eerste kwartaal van 2025 veroorsaak verdere kommer oor Suid-Afrika se swak groeiprestasie.
Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, sê met die voorspellingsvooruitsig van die bruto binnelandse produk (BBP) vir 2025 wat deur verskeie instellings en…
NWU en die provinsiale regering vat mekaar se hande vir ’n beter Noordwes
Die Noordwes-Universiteit (NWU) en Noordwes se provinsiale regering (NWP) gaan saamwerk om probleme in die provinsie te hanteer. Hulle het op 29 April ’n memorandum van verstandhouding (MvV) onderteken wat hulle in staat stel om aan ’n groot hoeveelheid dringende uitdagings met mekaar saam te werk.
Prof Bismark Tyobeka, NWU se hoof en…
Bemagtiging vir vroue sentraal tydens G20-sessie by die NWU
’n Sentrum vir Diversiteit en Identiteit word tans by die Noordwes-Universiteit (NWU) gestig, wat beteken dat akademiese kanale vir vroue en mense met gestremdhede geskep word en moeite gedoen word om ekonomiese gelykheid en insluiting te verseker.
Hierdie verwikkelinge is beklemtoon tydens die belanghebberkonsultasiesessie van die G20-…
Geen verhoging in BTW is die regte besluit
Die besluit deur die Nasionale Tesourie om nie die belasting op toegevoegde waarde (BTW) op 1 Mei te verhoog nie, is onder die huidige omstandighede die regte een.
Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, sê ná ’n intensiewe debat is ’n verhoging in BTW uiteindelik as onnodig beskou, en het…
Graad 10 SETH-leerders ondersoek beroepshigiëne op ’n praktiese wyse by die NWU
’n Groep graad 10-leerders van die SETH Academy by die Hoërskool Ferdinand Postma het op 10 April 2025 die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) vir ’n praktiese ervaring van beroepshigiëne besoek. Die sessie, wat deur die Beroepshigiëne en Gesondheid-navorsingsinisiatief (OHHRI) aangebied is, het aan die leerders…
Voorspelde groei nie goed genoeg vir Suid-Afrika nie
Die slegte nuus van die jongste evaluering deur die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) van die impak van handelsoorloë en beleidsonsekerheid op die wêreldekonomie is nie onverwags nie. Dit beklemtoon nietemin die omvang van die ekonomiese skade wat as gevolg van die onlangse ongebreidelde proteksionisme van die Verenigde State van Amerika (VSA…
Trump se besluit skep ’n moontlikheid vir onderhandelinge
Die onverwagte besluit deur president Donald Trump om die wederkerige tariewe van die Verenigde State (VSA) op nievergeldende lande 90 dae lank op te skort, in afwagting van verdere onderhandelings, het ’n sterk herstel in finansiële markte en ’n aanpassing in die vorige donker ekonomiese voorspellings aan die gang gesit.
Prof Raymond…