Mensgerigte Stories

Itsoseng gemeenskapsprojek: NWU span saam om hoop te bring

Die wit bussie skommel tot stilstand voor die hoekerf in Drieziek in Orange Farm. Melinda du Toit, PhD-student by die Optentia Navorsingsfokusarea aan die Noordwes-Universiteit (NWU) en Hannes du Toit, dosent by die Ingenieurswese Fakulteit van dieselfde universiteit, is hier om ʼn verskil te maak. 

Melinda se navorsing het haar tot hier in…

BABEL-projek wen ’n wêreldwye uitdaging

Die Noordwes-Universiteit se navorsers was deel van ’n internasionale konsortium wat ’n hoëprofiel-spraaktranskripsie-uitdaging gewen het – ’n eerste vir Suid-Afrikaanse navorsers op hierdie gebied.

Die huidige spraaktranskripsiestelsels is gebou op tegnologie wat oorspronklik vir Engels en ’n klein groepie wêreldtale ontwikkel is, met…

Sportdepartement wil personeel aktief kry

Met die gesegde: “’n Fikse en gesonde liggaam is die beste modestelling wat jy kan maak”, wil die sportdepartement op die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit die tradisionele manier verander waarop mense oor fiksheid en gesondheid dink.

Die departement het onlangs die bekendstelling aangekondig van die NWU Vaal se…

Ekonoom plaas brandstofprysverhoging in perspektief

Vanaf 1 Februarie 2017 kos 93- en 95-oktaanpetrol 29c/ℓ meer. Dié prysstyging is deur  die Departement van Energie aangekondig wat die olieprys en rand/dollar-wisselkoers as redes vir die styging gee. Tydens ’n RSG-onderhoud het die welbekende ekonoom, dr Andre Mellet van die Noordwes-Universiteit (NWU), ’n vergelyking tussen 2016 en 2017 se…

Die agt ekonomiese aanwysers om in 2017 dop te hou

Sal 2017 ’n beter jaar vir Suid-Afrika se ekonomie wees?

Dit is die vraag op alle Suid-Afrikaners se lippe, en in ’n poging om ’n antwoord hierop te verskaf, het prof Danie Meyer en dr André Mellet, albei akademiese personeellede binne die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie aan die Noordwes-Universiteit se…

“Water eersdaags dalk so duur soos olie” – Prof Johan Tempelhoff

“Suid-Afrika kan in die toekoms ‘n punt bereik waar water net so duur soos olie sal word.” Dié stelling deur prof Johann Tempelhoff, ‘n navorser en historikus verbonde aan die Skool vir Basiese Wetenskappe aan die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal), het na vore gekom tydens ‘n onlangse onderhoud met die Burger.

Prof…

River FM mik na die groot prys

River FM, ’n radiostasie van die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlparkkampus, is uitgenooi om deel te neem aan ’n kompetisie wat aan die plaaslike gemeenskapsradiostasies die geleentheid gee om vir iemand se regte op te kom.

Die geleentheid is deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK), saam met die streekskantoor vir Suider-…

Internasionale erkenning vir kampusregistrateur

Daar is seker geen beter manier om ’n luisterryke loopbaan wat oor meer as drie dekades strek, te vier as om internasionaal vir jou professionele impak erken te word nie.

Vir Neels Vermeulen, waarnemende kampusregistrateur van die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal), is dit presies wat in sy 30ste diensjaar…

Alumnus aan die stuur van NWU Vaal Rugbyklub in 2017

As die naam Lukas van der Schyff vir jou bekend klink, is die kans goed dat jul paadjies op die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal) gekruis het: eers as ‘n student, toe as ‘n alumnus en nou as die nuutverkose voorsitter van die NWU Vaal Rugbyklub.

Lukas – wat in 1998 die graad BCom Bemarking voltooi het, is…