Mensgerigte Stories

SONA 2023: Woorde moet met geloofwaardige optrede ondersteun word

Die 2023-staatsrede (SONA), wat op 9 Februarie deur president Cyril Ramaphosa in die parlement gelewer is, het ’n omvattende, openhartige en realistiese evaluering van Suid-Afrika se huidige moeilike en uitdagende ekonomiese landskap gegee.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, sê die…

Besigheidskool se MBA Somerstudieskool ’n reusesukses

Die Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool het op Vrydag 3 Februarie sy Somerstudieskool vir MBA-studente afgesluit. In die geheel gesien, was die week ’n reusesukses, met studente wat getuig van die geweldige waarde ten opsigte van netwerking, insette deur die hoofredes en ’n beter begrip van wat hulle hierdie jaar die program van op hulle…

Bestuursrekenmeesterskap-studente blink in wêreldwye assessering uit

Studente van die Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het weer eens getoon waarom die skool sowel as sy studente so hoog aangeskryf word toe hulle ’n verstommende 85%-slaagsyfer in die bestuursgevallestudie-eksamen van die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA) behaal het. Dit is ’n wêreldwye…

Etiese leierskap vir die nuwe werksomgewing

Een van die grootste uitdagings vir leiers in die huidige toenemend aanlyn besigheidswêreld is hoe om hulle werk as bestuurders uit te voer. In die verlede was dit vir leiers makliker om ’n kultuur van vertroue en integriteit te bevorder, omdat hulle geweet het wat elkeen besig was om te doen en hulle kon sien wanneer iemand nie in…

Onder-19-wêreldbekervuurwerke gee vrouekrieket ’n hupstoot

Hoe lank sal krieket nog as die “Gentleman’s Game” bekendstaan, of is daardie bynaam reeds iets van die verlede? Vrouekrieket het hand oor hand toegeneem en hierdie tendens het in 2023 voortgegaan met die IKK se Onder-19 Krieket Wêreldbeker vir Vroue.

Die gebeurtenis is in Suid-Afrika aangebied en het op drie plekke plaasgevind, naamlik…

Nuwe hoofdirekteur vir die NWU Besigheidskool – die man agter die titel

Dit is nou algemene kennis. Ná groot afwagting is bekendgemaak dat dr Joseph Sekhampu die nuwe hoofdirekteur van die Besigheidskool by die Noordwes-Universiteit (NWU) is. Maar wie is Joseph Sekhampu, en wat is sy visie vir die skool en vir die lewe in die algemeen? Wie is die man in beheer en hoe funksioneer hy ten opsigte van sy werk, die lewe…

Burger nou Rugbyinstituut se veldmaarskalk

Dit is ʼn snikhete Donderdagmiddag met die kwik wat so hoog styg soos beurtkraggemoedere. Die Rugbyinstituut van die Noordwes-Universiteit (NWU) se spankamer, aikona, oorlogkamer, is egter koel. ʼn Tafelgrootte replika van ʼn rugbyveld begroet jou as jy instap, asook Burger van der Westhuizen, die NWU Eagles se nuwe Varsitybeker-afrigter.

Korrekte oordeel beperk die tempo van rentekoersverhoging

“Soos te wagte het die Monetêrebeleidskomitee (MBK) van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) voortgegaan met sy siklus van rentekoersverhogings, met ’n styging van 25 basispunte (bsp) in plaas van die hoër opsie van 50 bsp wat ook wyd bepleit is.”

Volgens prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se…

Skerp styging in mediadekking waarby die NWU betrokke is in 2022

Niemand kan sê dat 2022 nie ’n gebeurtenisvolle jaar ten opsigte van nuusgebeure was nie. Die inval in Oekraïne; ’n wêreldwye styging in inflasie; die dood van prominente figure, nie net in die vermaaklikheidsbedryf nie, maar ook groot internasionale persoonlikhede soos koningin Elizabeth II; en die toenemende effek van klimaatsverandering het…

’n Kykie in die ekonomiese kristalbal vir 2023

Dit is moeilik om aan ’n tyd te dink toe daar so baie ekonomiese en politieke strominge was as wat Suid-Afrika nou ervaar waar ons aan die begin van 2023 staan. So sê prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU).

Volgens hom sal Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte vir 2023 breedweg bepaal…