Natuur- en Landbouwetenskappe Nuus

Bloedparasiete kom al hoe meer by Afrika-wildehonde voor

Volgens dr Edward Netherlands en sy kollegas van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU), is daar onlangs aangetoon dat bloedparasiete algemeen by die Afrika-wildehondbevolkings voorkom.

Hulle studie oor bloedparasiete van spesies van Hepatozoon dui aan dat hierdie parasiete algemeen by die Afrika…

Topdienstoekenning vir NWU-sterrekundige

​Die Royal Astronomical Society (RAS) van die Verenigde Koninkryk het sy 2022-dienstoekenning vir astronomie aan prof Don Kurtz toegeken.

Die RAS sê in ’n verklaring: “Prof Donald Kurtz het ’n lewenslange toewyding aan openbare uitreikprogramme met ’n roemryke navorsingsloopbaan gekombineer.”

Hy het van 2010 tot 2020 meer as 300…

Die ruimte, biljoenêrs en ons nuwe era van ruimtevaart

Daar was ’n tyd toe die supermoondhede in ’n stryd om algehele oorheersing gewikkel was en die wêreld op die randjie van uitwissing gestaan het. Daar was ’n tyd toe manne in kolosse genaamd Redstone, Atlas, Titan en Saturn met honderde duisende ponde stootkrag agter hulle na die hemele gereik het, en die name Sputnik…

NWU beloon sy buitengewone presteerders

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het tydens ’n virtuele seremonie op 25 November erkenning gegee aan personeel vir hulle buitengewone bydraes tot onderrig en leer, navorsing en gemeenskapsbetrokkenheid.

Die universiteit se baanbrekers is by die heel eerste NWU Uitnemendheidstoekenning-seremonie vereer. Die geleentheid, wat aanlyn…

Kweek suksesvolle opkomende boere deur vennootskappe

Wat het opkomende boere nodig om suksesvol te wees? Dit is die vraag wat dr Faan Pelser, ’n akademikus van die Noordwes-Universiteit (NWU), en prof Theuns Pelser van die Universiteit van KwaZulu-Natal se Nagraadse Skool vir Besigheid en Leierskap in hulle jongste navorsingsreferaat wil probeer beantwoord.

Die referaat is getiteld “The…

Luister na die sterre

Die ruimte is nie so stil as wat dit dalk voorkom nie, en asteroseismoloë weet dit. Asteroseismologie is ’n florerende gebied met geleenthede vir studente en jong navorsers en het ’n impak op talle ander gebiede van sterrekundige navorsing.

Maar waaroor gaan asteroseismologie alles? Prof Don Kurtz, ’n A1-gegradeerde professor wat nou op…

Oestersampioene kan bruin seegras ’n voedingsryke opsie vir inheemse hoenders maak

Bruin seegras is bekend daarvoor dat dit ’n ryk bron van minerale soos kalsium, mangaan, kalium, natrium, fosfor, swael en yster is. Voeg oestersampioene by hierdie mengsel en die resultaat kan ’n baie voedingryke bron van voer vir inheemse hoenders wees. So redeneer Godfrey Mhlongo ’n PhD-student in dieregesondheid by die Noordwes-…

Wespe help om metaalkontaminasie te bepaal

Wespe (perdebye) word dikwels as plae beskou, maar hulle kan ’n groot rol in die ekostelsel speel, van bestuiwing totdat hulle ’n skakel in die voedselketting is. ’n Meestersgraadstudent van die Noordwes-Universiteit (NWU), Yasfir Tarif Nadat, onderneem ’n studie om te toon hoe wespe besoedeling kan aandui. Sy studie is geïnspireer deur ’n…

Myne is besig om nuttige plante in Limpopo te besmet

Chroom uit mynaktiwiteite is in hoë konsentrasies gevind in plantspesies wat gewoonlik in huistuine in Sekhukhuneland, Limpopo, gekweek word. Dit is ’n potensiële gesondheidsgevaar.   Dit is van die bevindings van Sutapa Adhikari, ’n doktorale student aan die Noordwes-Universiteit (NWU), wat die besoedeling van voedsel- en medisinale…

Plante bied inheemse oplossings vir gesondheidsorg

Ongeveer 80% van Suid-Afrika se bevolking is vir hulle gesondheidsorgbehoeftes van mediese plante afhanklik, en dit lei tot ’n toenemende belangstelling in die kommersialisering van plantgebaseerde geneesmiddels.

Navorsing deur Tshepiso Ndhlovu, ’n PhD-kandidaat aan die Noordwes-Universiteit (NWU), gee ons ’n kykie na die potensiaal van…