Geesteswetenskappe Nuus
Inligting oor maatskaplike dienste is net ’n toep weg vir senior burgers
In ’n stowwerige straat van ’n dorpie in Noordwes moedig ’n groep 12-jariges mekaar luidkeels aan terwyl hulle kgati, ’n inheemse speletjie, met ’n springtou speel. Namate die speletjie ernstiger raak, hoor een van hulle haar ouma vanuit die kombuis roep en haar vra om gou na hulle wyksraadslid se huis toe te gaan om te hoor of die maatskaplike…
Internasionale navorsers werk saam om werkloosheid te verstaan
“Geen werk. Geen kos. Help asb.” Hierdie woorde op saamgeflansde kartonkennisgewings kan op enige gegewe dag op elke straathoek in Suid-Afrika gesien word. Met ’n werkloosheidskoers van 26,7% in die eerste kwartaal van 2018 is dit geen verrassing dat Suid-Afrika een van die 20 lande met die hoogste werkloosheidsyfers ter wêreld is nie.
En…
Oognaspeuringstegnologie skep nuwe moontlikhede vir werk en speel
Om in die jaar 2018 te leef en te sien hoe vinnig tegnologie ontwikkel, kan ’n mens beslis laat sê dat verandering in ’n oogwink kan plaasvind. Die Skool vir Tale op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark kyk na die toekoms en gebruik oognaspeuringstegnologie om ware verandering te bring in die manier waarop mense werk en…
Oorbrug die digitale gaping een township op ’n keer
As die jongste HUB nóg van Projek Isizwe[HC1] , die innoverende niewinsgewende organisasie (NWO) agter Afrika se suksesvolste gratis Wi-Fi-netwerk, rig Dudu Mkhwanazi (26) haar visier daarop om die digitale gaping in Suid-Afrika te oorbrug. Meer nog, sy raai alle Suid-Afrikaners aan om na vore te kom en hulle deel te doen om internettoegang aan…
Optentia-navorsing begin by die gemeenskap
Die 1990’s-idee van “gee sielkunde weg” het in 2017 by Optentia lewe gekry met navorsing wat hier gedoen word met die doel om “wetenskap weg te gee”. Vir die Optentia-navorsingsfokusarea is die gemeenskap die beginpunt van enige navorsingsprojek. “By Optentia doen ons navorsing saam met die gemeenskap,” sê die direkteur, prof Ian Rothmann.…
Dothraki en ander subkulturele tale – die fokus van ’n unieke PhD-studie
“Me zisosh disse”. Dit is net ’n vleiswond. Dit sal beslis goeie nuus wees as jy gewond is en een van dié taal se moedertaalsprekers is. Dit is Dothraki en is die fantasietaal wat vir die televisiereeks Game of Thrones geskep is. Die taal word vandag gepraat deur ’n beduidende getal mense wat aan ’n subkulturele groep in die samelewing behoort…
NWU PhD graduate contributes to international literature
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het met trots ’n PhD in Engels aan Manuela Fernandes-Martins, akademiese ontwikkelaar aan die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) gedurende die onlangse herfsgradeplegtigheid toegeken.
In haar tesis, An evaluation of a franchised supplementary programme in English as a second…
Web-gebaseerde platform vir spraaktranskripsie om SA Parlement te help
Met 11 amptelike tale in Suid-Afrika gaan dit nooit ’n maklike taak wees om ’n doeltreffende dog bekostigbare manier te kry om spraak na teks te transkribeer nie. Dit gaan egter verander met behulp van die innoverende denke van navorsers wat ’n oopbron-, web-gebaseerde platform vir spraaktranskripsie skep.
Navorsers van die Noordwes-…
Van oorlewing tot groei: skep ’n beter toekoms vir slagoffers van seksuele misbruik
Die hartverskeurende realiteit van die seksuele misbruik van kinders is ’n wêreldwye euwel wat twee navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) aanpak deur oorlewendes te help om hulle trauma te hanteer en te groei.
Die wêreldwye voorkoms soos dit in 22 lande gemeet is, dui daarop dat 18% tot 20% van meisies en 8% tot 9% van seuns hierdie…
Afrika-unie en Afrika-universiteite moet kennis neem van waterskeidingsuitspraak
Die volgende artikel is ʼn meningstuk deur dr Ilyayambwa Mwanawina, ʼn kundige wat betref streeksintegrasie, internasionale reg, goeie korporatiewe bestuur en menseregte aan die Noordwes-Universiteit (NWU).
Hy verduidelik wat hierdie waterskeidingsuitspraak beteken vir die Afrika-unie en Afrika-universiteite – veral met betrekking tot Afrika-…