Optentia gaan Stats Camp Suid-Afrika aanbied

Wat navorsing betref, is die bevindings net so sterk soos die ontleding van die data. As ’n navorser die statistiese ontleding goed doen, sal die navorsing tot voordeel van die samelewing wees. Indien nie, is ’n geleentheid verlore.

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Optentia-navorsingsfokusarea gaan in April in samewerking met twee internasionale kundiges oor statistiese ontleding, prof Todd D Little (die Texas Tech Universiteit in die VSA) en prof Rens van der Schoot (die Utrecht Universiteit in Nederland), ’n Stats Camp in Suid-Afrika aanbied.

Stats Camp is ’n internasionaal-erkende, bekroonde opvoedkundige geleentheid wat op gevorderde statistiekopleiding op voorgraadse en nagraadse vlak fokus. Week lange Stats Camp’e en minikampe word elke jaar regoor die wêreld gehou.

Hierdie seminare stel navorsers in staat om praktiese, intydse opleiding in huidige tendense en praktyke in moderne, gevorderde statistiese ontleding te kry. Die program sal onderwerpe insluit soos skalering en identifikasie, verdelingsprosedures, meervoudigegroep- bevestigende faktoranalise, metingsinvariansie en herskalering van konstrukte.
 
Leer van die bestes
Die program bied sessies met verskeie kundiges aan, insluitende prof Little, wat die Stats Camp (Statscamp.org) in 2003 begin het en daarna streef om die organisasie se deurlopende impak op die vorming van die gehalte van wetenskaplike ondersoek vir huidige en toekomstige navorsers te verseker.  

Hy is die direkteur van die instituut vir meting, metodologie, ontleding en beleid (Institute for Measurement, Methodology, Analysis and Policy) by die Texas Tech Universiteit en geniet wye erkenning vir sy kwantitatiewe werk oor verskillende aspekte van toegepaste skanderingselektronmikroskopie (SEM), insluitende moderne ontbrekendedatabehandeling, indikatorseleksie, verdeling en die modellering van ontwikkelingsprosesse.

Ian Rothmann is ’n professor in bedryfs-/organisasiesielkunde aan die NWU se kampus in Vanderbijlpark en direkteur van die Optentia-navorsingsfokusarea. Hy doen navorsing oor waarom mense by die werk floreer, die omstandighede en die uitkomste van daardie werk, en die intervensieprogramme wat tot daardie vooruitstrewendheid van individue en organisasies kan bydra.

Rens Van de Schoot is ’n professor in metodes en statistiek aan die Utrecht Universiteit en ’n buitengewone professor by Optentia. Hy onderrig talle Bayesiaanse en Mplus-kursusse regoor die wêreld en is ’n kundige in onder andere meerveranderlike-ontleding (regressie, t-toetse, manova), multivlakontleding, strukturele vergelykingsmodellering en masjienleer (www.rensvandeschoot.com).

Stats Camp Suid-Afrika vind van 23 tot 26 April 2019 by Mongena Lodge in die Dinokeng Wildtuin, Hammanskraal, Tshwane plaas. Vir meer inligting kontak Lynn Booysen van Optentia by lynn.booysen@nwu.ac.za.

 

Submitted on Thu, 02/14/2019 - 16:10