Gesondheidswetenskappe Nuus

Afrika span saam om voeding-kundigheid na die vasteland te bring

• Mikronutriënttekorte is baie algemeen in Afrika en is een van die belangrikste faktore wat geassosieer word met groeivertraging, swak immuunfunksie en kindersterftes. • ʼn Nuwe meestersgraadprogram in Voeding met Kerntegnieke sal help om wanvoeding in Afrika te bekamp. • Rolspelers van regoor die vasteland werk saam om beter voeding vir alle…

Leiers in voeding mik na geen honger, goeie gesondheid en gehalte-onderwys vir Afrika

Die dubbele las van wanvoeding – ondervoeding en vetsug wat tegelykertyd voorkom – raak die meeste lae- en middelinkomste-lande. In Afrika, wat ’n gekompliseerde voedselstelsel het, veroorsaak dit komplekse gesondheidsuitdagings wat deur voedingkundiges op die vasteland hanteer moet word.

Die African Nutrition Leadership Programme (ANLP…

Intydse monitering in beroepshigiëne

Die Beroepshigiëne en Gesondheidsnavorsingsinisiatief (OHHRI) by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het op 29 en 30 November 2023 ’n werkswinkel aangebied om kennis en beste praktyke met betrekking tot die gebruik van direktelees-metodologieë en -sensors in beroepshigiëne te deel. Die geleentheid met die…

NWU vier Kindergesondheidsdag saam met die Stadt Primêre Skool

Om Kindergesondheidsdag te vier, het die Fakulteit Gesondheidswetenskappe van die Noordwes-Universiteit (NWU) ’n klompie prettige aktiwiteite vir die kinders by die Stadt Primêre Skool gereël om die voordele van ’n gesonde leefstyl aan hulle oor te dra.

Leerders en ouers van die skool in Mahikeng se Montshioa-Stadt-dorpie is uitgenooi…

Navorser sluit aan by topkardioloë op die SA Heart®-direksie

’n Navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) is gekies om op die direksie van die Suid-Afrikaanse Hartvereniging (SA Heart®) te dien. Hy sal ook op sy uitvoerende en belanghebberkomitees dien.

Prof Ruan Kruger van die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) gaan drie jaar lank op die direksie dien. “Dit is ’n baie groot eer. Die…

Ruim skenking van PPS gee stylvolle nuwe voorkoms

Die boonste vloer van die G23-gebou op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) huisves die vakgroep Farmakologie in die Skool vir Farmasie, en ’n navorsingspan van die Pharmacen sentrum van uitnemendheid.

Danksy ’n ruim skenking van die Professional Provident Society (PPS), is die ingang na hierdie vloer opgeknap met…

Ontdek die paralimpiese helde van die toekoms: Suid-Afrika se soeke na glorie

Die Sportwetenskap-span van die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs na die Tlamelang Spesiale Skool net buite Mahikeng gereis om vir die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK) ’n reeks talentidentifikasietoetse op basketbalspelers in rolstoele te doen.…

Ontmoet ons navorsers

Die fakulteite by die Noordwes-Universiteit (NWU) doen opwindende werk op die navorsingsfront.

Prof Philimon Modisha is ’n medeprofessor in die Fakulteit Ingenieurswese en sy navorsing fokus op die stoor van vloeibare organiese waterstof. Sy navorsing word hoofsaaklik uitgevoer by die Departement van Wetenskap en Innovasie se Waterstof…

’n Goeie slaaproetine het ’n positiewe invloed op atlete se prestasie

Hulle floreer op adrenalien, opwinding en energie, maar dit is veral slaap – of die gebrek daaraan – wat die prestasie van atlete kan beïnvloed. ’n Navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) sê haar navorsing toon dat die handhawing van goeie slaapgewoontes, of slaaphigiëne soos dit genoem word, nie net ’n atleet se prestasie en uithouvermoë…

Fakulteit Gesondheidswetenskappe skitter by die SACCMA 2023 Konferensie

’n Afvaardiging van die NWU het onlangs op die konferensie van die Vereniging vir Gevorderde Selkultuurmodellering vir Afrika (Society for Advanced Cell Culture Modelling for Africa, SACCMA) wat deur die Fakulteit Gesondheidswetenskappe van die Noordwes-Universiteit (NWU) georganiseer is, ’n betekenisvolle impak op die plaaslike sowel as die…