Natuur- en Landbouwetenskappe

Nuwe ontdekking verseker vir NWU-navorser ’n plek in top- wetenskaplike publikasie

Wanneer magneetvelde en lang uitbarstings van warm gas, genaamd strale (jets) op mekaar reageer, word die strale gebuig. Dit is ’n belangrike ontdekking, en prof James O Chibueze het vir sy aandeel daaraan vir hom ’n plek in die gesogte navorsingspublikasie Nature verdien.

Submitted on Thu, 05/06/2021 - 09:00

NWU beloon buitengewone dosente

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het tydens ’n virtuele geleentheid die bydraes van sy fakkeldraers van onderriguitnemendheid gevier. Tydens die jaarlikse seremonie vir die toekenning vir onderriguitnemendheid (TOU), wat op 25 Maart aanlyn plaasgevind het, het die allerbeste dosente van 2020 erkenning vir hulle werk ontvang nadat hulle onderrig en leer na ’n nog hoër vlak geneem het.

Submitted on Fri, 03/26/2021 - 07:50

NWU-navorser ’n medewerker aan ’n internasionale studie oor swamme

Die swam wat ons brood laat sleg word, funksioneer nie op sy eie nie. Daar is gaste diep binne-in sy selle – bakterieë – waarmee dit ’n wedersyds voordelige verhouding het wat vir mense goed of sleg kan wees. Om hierdie verhouding te verstaan en dit te modifiseer, kan ’n geweldige impak op die voedsel-, mediese en landboubedryf hê.

Dit is die fokus van ’n vier jaar lange internasionale samewerking tussen die Noordwes-Universiteit (NWU) en twee universiteite in die Verenigde State.

Submitted on Tue, 03/16/2021 - 14:48

NWU-navorser ondersoek rol van tradisionele medisyne vir velsiektes

Talle mense maak op tradisionele plantgeneesmiddels staat om velsiektes te behandel. Nou het ’n navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) ondersoek waarom hierdie plante doeltreffend is, en baan hy die weg vir verdere navorsing deur die farmaseutiese bedryf.

“Die gebruik van inheemse kennis in die verskaffing van primêre gesondheidsorg, veral in die meeste inheemse Afrika-gemeenskappe, is so oud soos die mens self,” sê dr John Awungnjia Asong, navorser en onlangse PhD-gegradueerde.

Submitted on Wed, 01/27/2021 - 10:56

NWU-navorser help om nuwe data oor die Aarde en die Melkweg bloot te lê

’n Nuwe studie het die sluier oor ’n paar van die geheimenisse van die Melkweg gelig. Daar is bevind dat die Aarde vinniger as vroeër beweeg, en dat dit amper 2 000 ligjaar nader aan die gravitasiekolk in die middel van die Melkwegsterrestelsel is.

Dit is volgens nuwe data wat oor ’n tydperk van 15 jaar deur die Japannese radio-astronomieprojek, VLBI- (baie lang basisinterferometrie) verkenning van radio-astrometrie (VERA), gedokumenteer is.

Submitted on Fri, 11/27/2020 - 12:31

Romeo haal die podium in die #ZAVentilatorChallenge

Daar is regoor die wêreld groot bekommernis oor die tekort aan mediese toerusting – veral ventilators – vir die stryd teen die Covid-19-pandemie. Namate die getal bevestigde gevalle in Suid-Afrika daagliks toeneem, berei die privaat en openbare sektor hul vir die verwagte behoefte voor, maar dit is nog onduidelik of ons genoeg ventilators sal hê indien die voorspelde golf infeksies ons sou tref.
Submitted on Tue, 05/12/2020 - 16:39