Regsprofessor verbeter vorige NNS-gradering van ’n C na ’n uitmuntende B
Prof Christa Rautenbach se harde werk oor regspluralisme en kulturele diversiteit het uiteindelik vrugte afgewerp toe sy in die hoogs kompeterende graderingsproses van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) ’n B-gradering ontvang het.
Een van haar beoordelaars het opgemerk dat haar “navorsing betekenisvol is vir regspluralisme en ontwikkeling in ’n postkoloniale ontwikkelingsopset, waar regshervorming die voortgesette relevansie van inheemse wette in ag moet neem”.