Gesondheidswetenskappe

Waarom vroeë sifting vir bloeddruk by kinders noodsaaklik is

Hoë bloeddruk of hipertensie is nie net ’n siekte by volwassenes nie, maar begin tydens die kinderjare en duur tot in volwassenheid.

In ’n studie wat deur die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) van die Noordwes-Universiteit (NWU) uitgevoer is, beklemtoon navorsers die belangrikheid van sifting by kinders, veral swart kinders, vir verhoogde bloeddruk.

Submitted on

HART by die NWU bevorder gesonde bloeddruk

Bloed is die lewegewende stof wat deur ons are vloei, maar as die druk in ons are te hoog word kan dit ons gesondheid benadeel.  Dit is waarom die Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART) in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) gedurende die hele Meimetingsmaand (MMM) en op Wêreldhipertensiedag op 17 Mei bloeddrukbewustheid en ‑meting aktief bevorder.

Submitted on

NWU-fietsryer meester van die baan

Die direkteur van die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP) aan die Noordwes-Universiteit (NWU), prof Pieter Kruger, het sy kennis van sportwetenskap en prestasiesielkunde op ’n briljante wyse toegepas deur die 20 km-punteresies tydens die Suid-Afrikaanse Baanfietsrykampioenskap by die Bellville-fietsrybaan te wen.

Submitted on

Navorser is bekommerd oor die gebruik van alkohol onder studente

Die hoë voorkoms van alkoholgebruik onder studente in hoër onderwys is ’n bekommernis vir openbare gesondheid. Dit is volgens ’n studie wat deur prof Miriam Moagi van die Skool vir Verpleegkunde by die Noordwes-Universiteit (NWU) uitgevoer is.

Prof Moagi het gekyk na bestaande bewyse om die alkoholmisbruik onder studente uit ’n vraag-verminderingsbenadering te hanteer. Die artikel spruit voort uit haar PhD, wat gebaseer is op die pilare van die Nasionale Dwelmmeesterplan (2013-2017). Die drie pilare is vraagvermindering, skadevermindering en aanbodvermindering.

Submitted on

HART stap vir Wêreldvetsugdag

Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Vrydag 4 Maart Wêreldvetsugdag herdenk. Die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) het besluit om by NWU Welstand aan te sluit en het ’n gemaklike stappie deur die kampus gereël om mense van vetsug bewus te maak. Die stap het by die amfiteater op die Potchefstroomkampus begin en deur die kampus gekronkel en weer na die amfiteater teruggekeer.

Submitted on

NWU was gasheer vir SASCOC-indaba

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het tussen 9 en 11 Februarie 2022 gasheer gespeel vir die SASCOC Hoëprestasie-indaba wat by die Sports Village gehou is. SASCOC het hierdie strategiesebeplanningsessie gebruik om die prestasie van die Olimpiese en ander elitespanne van die afgelope vyf jaar in oënskou te neem, en om ’n strategiese plan vir die volgende paar Olimpiese siklusse te finaliseer.

Submitted on