EBW

SONA 2022: ’n Koersverandering op pad na ekonomiese heropbou en herstel?

President Cyril Ramaphosa het op 10 Februarie 2022 sy sesde staatsrede (SONA) gelewer sedert hy in 2018 tot die amp toegetree het. Dit was ’n toespraak waarvoor daar groot verwagtings was, en het ten doel om die algemene publiek en al die relevante belanghebbers in te lig oor die regering se vordering wat die afgelope jaar gemaak is, terwyl die planne en riglyne vir die jaar wat voorlê, uitgespel word.

Submitted on Wed, 02/23/2022 - 10:18

In hierdie studie is die pad vorentoe ongeluksvry

Het jy jou al ooit ’n samelewing ingedink waar daar geen padongelukke is nie? ’n Padomgewing waar motors met mekaar kan skakel en kommunikeer om jou te help om jou besluite op die pad te neem? Wel, dit is onder andere wat dr Thulani Phakathi, ’n onlangse PhD-gegradueerde aan die Noordwes-Universiteit (NWU), deur sy doktorale navorsing beoog.

Sy PhD-studie het gefokus op die gebruik van kubersekuriteitstegnologie om die prestasie van telekommunikasienetwerke en die ontwerp van doeltreffende roeteringsprotokolle te verbeter.

Submitted on Thu, 02/17/2022 - 15:35