EBW

Die room van NWU se geoktrooieerde rekenmeesters is weer bo

Die Geoktrooieerde Rekenmeesterskap-program van die Noordwes-Universiteit (NWU) is werklik ’n krag om mee rekening te hou. ’n Mens kan dit sien nadat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) die uitslae bekend gemaak het van sy Aanvanklike Toets van Bevoegdheid (ITC), waarin die NWU se klas van 2021 ’n merkwaardige 100% gekombineerde slaagsyfer in Januarie en Junie 2022 behaal het. Van die beperkte getal kandidate wat met onderskeiding geslaag het, is drie van die NWU.

Submitted on Thu, 09/08/2022 - 10:59

Organisasieleiers kan hulle risikobestuursbeleggings optimaliseer deur nuwe metodes te ondersoek

Alle staats- en privaat organisasies moet die sistemiese risiko’s van ons komplekse wêreld hanteer. Sulke inherent komplekse kwessies is egter moeilik om te bestuur, selfs wanneer beduidende hulpbronne in die implementering van formele risikobestuursraamwerke en verwante prosesse benut word. Dit is daarom belangrik vir organisasieleiers om nuwe metodes te ondersoek om die bydrae van risikobestuursprosesse te bevorder wanneer hulle probeer om hulle doelwitte te bereik, sê prof Hermien Zaaiman van die Optentia navorsingseenheid van die Noordwes-Universiteit (NWU).

Submitted on Wed, 08/31/2022 - 11:50

Plaaslike energie-oplossings is die beste vir Afrika

Plaaslike oplossings vir die energiekrisis in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapslande (SAOG-lande) is nodig, sê dr Pamelah Cheuka, ’n spesialis in ekonomie wie se PhD-tesis op die energie-uitdagings van die streek gefokus het.

Dr Cheuka se onlangse studie oor die impak van energiedoeltreffendheid en die opwekking van hernubare energie op produktiwiteit in die SAOG het die potensiaal om beleidsvorming oor energie te beïnvloed, veral in hierdie tye van klimaatsverandering.

Submitted on Wed, 08/31/2022 - 11:44

Hou die ekonomiese bootjie vlot: waarom Suid-Afrika vroulike geoktrooieerde rekenmeesters nodig het

In tye van onrus en onsekerheid is kundigheid onontbeerlik. By die Noordwes-Universiteit (NWU) word potensiaal in kundigheid ontwikkel en gevorm tot ’n vaardigheid wat tot voordeel is van die samelewing wat deur die NWU bedien word. Daar is min gebiede wat hierdie situasie beter beskryf as dié van geoktrooieerde rekenmeesterskap.  In ’n land wat unieke uitdagings het, speel geoktrooieerde rekenmeesters (GR’e) ’n baie belangrike rol om welvarendheid te bevorder. Dit is ’n gebied wat deur diversiteit gekenmerk word en daar is vele geleenthede.

Submitted on Mon, 08/29/2022 - 09:16

Dit gaan alles oor die ouderdom – van wyn en ook van mense

Hoe ouer wynliefhebbers is, hoe droër verkies hulle hulle wyn, en hoe langer neem dit hulle om dit wat hulle gekoop het, te drink.

Dit is twee van die bevindings van ’n onlangse studie oor die wynvoorkeure van verskillende ouderdomsgroepe wat die navorsingseenheid TREES (Toerismenavorsing in Ekonomie, die Omgewing en die Samelewing) onderneem het.

Submitted on Wed, 06/29/2022 - 14:47

Baanbreker Dube skroom vir geen uitdaging nie

Hy sê nooit vir niks “nee” nie. Ooit. Só beskryf diegene wat Rethabile Dube ken dié 25-jarige baanbreker.

In universiteit-volksmond is hy slegs bekend as Dube. Almal ken Dube. Soos Cher, Prince, Drake en Madonna. As Senior Administratiewe Assistent by Gradeplegtighede en Seremonies aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is sy gesig alombekend in Mahikeng, Potchefstroom, Vanderbijlpark en selfs so vêr as Namibië.

Submitted on Thu, 06/23/2022 - 11:03

Minister van Botswana verwerf sy PhD aan die NWU Besigheidskool

Ons wil graag vir die Minister van Grond- en Watersake van die Republiek van Botswana, dr Kefentse C Mzwinila, gelukwens met sy PhD-graad wat hy op 25 Mei 2022 aan die NWU Besigheidskool verwerf het.                                               

Dr Mzwinila het met ’n BA-graad in Ekonomie en Besigheidsadministrasie, en ’n BSc-graad in Sielkunde aan die Lafayette Kollege in die Verenigde State van Amerika gegradueer.

Submitted on Fri, 05/27/2022 - 16:58