Annemie Bester
Dit is ’n weeksdag. Die oggenddou begin verdwyn en Johannesburg is nog half aan die slaap. Die relatiewe kalmte bring ʼn lafenis voordat die dag se storm losbars. Geen kalmte egter vir Annemie Bester nie. Waar sy by Emirates Airline Park – oftewel Ellis Park in volksmond – indraai, wil sy op geen ander plek wees nie.