Persvrystelling

Eerste-in-sy-soort-jagstudie werp lig op jagters se perspektief

• Jagters, veral internasionale jagters, glo dat hulle plaaslike gemeenskappe bevoordeel.

• Internasionale jagters bestee tot vier keer meer per besoek as plaaslike jagters.

• Internasionale jagters beskou hul impak as groter as plaaslike jagters.

• Die perspektief van die plaaslike gemeenskap ontbreek steeds.

Submitted on Mon, 03/17/2025 - 08:37

NWU bevestig dr Anna Mokgokong se tweede termyn as kanselier

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het die bekende sakeleier en entrepreneur dr Anna Mokgokong se tweede termyn as kanselier bevestig.

Dit is op 12 Maart tydens ’n luisterryke geleentheid in Potchefstroom bevestig nadat die NWU Raad haar vir ’n verdere vyf jaar verkies het. Dr Mokgokong se eerste termyn het op 20 November 2024 verstryk.

As kanselier dien sy as titulêre hoof van die NWU, en al die kwalifikasies wat deur die universiteit toegeken word, word formeel deur haar toegeken.

Submitted on Thu, 03/13/2025 - 10:10

Navorsers het ontdek dat kameeldoringbome die groei van lammers en hulle vleisgehalte verbeter

In die droë, sanderige grond van Suider-Afrika bring ’n geharde vegter sy kant: Vachellia erioloba, meer bekend as die kameeldoring. Hierdie geharde boom wat voorheen onder die genus Acacia as Acacia erioloba geklassifiseer was, word ook ’n kameeldoring in Afrikaans of ’n mokala-boom genoem.

Submitted on Wed, 02/26/2025 - 13:12

Noordwes-Universiteit op die voorpunt van landbou-innovasie

Gewasproduksie in Suid-Afrika lê in die skadu van stormwolke, en nie die tipe waarna boere smag nie. ʼn Swetterjoel onsekerhede span saam om die vooruitsigte vir die land se gewasboere te verduister, wat klimaatsverandering, waterskaarste, gronddegradasie, siektes, ekonomiese onstabiliteit sowel as infrastruktuur- en energiebeperkinge insluit.

Daarom beywer navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe hulleself om daadwerklike oplossings vir die land se knellendste landboukwessies te vind.

Submitted on Tue, 12/03/2024 - 09:47

Uitnemendheidstoekennings gee erkenning aan personeel wat in hulle kundigheidsgebiede uitblink

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het sy uitmuntende personeel beloon tydens die jaarlikse NWU Uitnemendheidstoekenningseremonie, wat op 21 November in Potchefstroom plaasgevind het.

Meer as 130 personeellede het erkenning ontvang vir hulle uitmuntende bydraes in onderskeidelik onderrig en leer, gemeenskapsbetrokkenheid, en navorsing en innovasie.

Submitted on Fri, 11/22/2024 - 08:13

Internasionaal befaamde farmaseutiese sakeleier ontvang eredoktorsgraad

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Vrydag 2 Augustus ’n eredoktorsgraad aan die internasionaal befaamde farmaseutiese sakeleier en NWU-almunus Jannie Oosthuizen toegeken.

Mnr Oosthuizen het erkenning ontvang vir sy buitengewone bydraes tot en betekenisvolle posisie in die internasionale gesondheidsektor, waar hy as ’n sleutelrolspeler beskou word.

Submitted on Fri, 08/02/2024 - 12:55

NSTF ken gesogte “Wetenskap Oscars” aan twee van die NWU toe

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het hierdie jaar twee wenners by die NSTF-South32-toekennings gehad.   

Prof Linda Godfrey en Jonker Sailplanes (Edms.) Bpk. het hierdie gesogte toekennings – ook bekend as die “Wetenskap Oscars” – ontvang. Dit was tydens ’n hibriede geleentheid en lewendige uitsending vanaf Johannesburg en Kaapstad op 11 Julie.  

Submitted on Fri, 07/12/2024 - 12:27

Onderneming lei tot kitsklaaroplossings vir alledaagse probleme

Die Fakulteit Ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is trots op hulle baanbrekerinnovasies en -navorsing. Een van die fakulteit se interne korporatiewe ondernemings genaamd STRIDE is uniek in dié sin dat dit oplossings vir alledaagse uitdagings verskaf en dadelik gereed is om te gebruik.

STRIDE, wat in 2022 gestig is, het onlangs ’n nuwe handelsmerk gekry en is op 11 Junie by die Fakulteit Ingenieurswese op die Potchefstroomkampus bekend gestel.

Submitted on Mon, 06/24/2024 - 14:27