Persvrystelling

Die verskuilde koste van ’n gebroke befondsingstelsel: Suid-Afrika se openbare universiteite

Prof Linda du Plessis, Senior Adjunk-visekanselier: Onderrig-en-Leer aan die Noordwes-Universiteit (NWU), verduidelik waarom die voortdurende wanfunksionering van die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) en verskeie Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede (SETAs) nie net die toekoms van kwesbare studente in gevaar stel nie, maar ook enorme druk op Suid-Afrika se openbare universiteite plaas. Alhoewel die fokus hoofsaaklik op studente se swaarkry val, bly die verlamlende operasionele, finansiële en reputasionele impak op universiteite grootliks ongesiens.

Submitted on

NWU vereer prof Christa Rautenbach met die Kanseliersmedalje

Haar transformatiewe leierskap deur haar redakteurskap van die Potchefstroomse Elektroniese Regsblad is ’n baken van prestasie in die visie en missie van die Noordwes-Universiteit (NWU) om ’n toonaangewende universiteit in Afrika te wees. Haar prestasies in die regsakademie en vaktydskrifontwikkeling het aan prof Christa Rautenbach die NWU se Kanseliersmedalje besorg.

Sy het op 6 Junie hierdie eer tydens ’n gradeplegtigheid ontvang. Die Kanseliersmedalje word toegeken aan mense wat buitengewone verdienste toon of wat ’n betekenisvolle bydrae tot die samelewing gelewer het.

Submitted on

Eerste-in-sy-soort-jagstudie werp lig op jagters se perspektief

• Jagters, veral internasionale jagters, glo dat hulle plaaslike gemeenskappe bevoordeel.

• Internasionale jagters bestee tot vier keer meer per besoek as plaaslike jagters.

• Internasionale jagters beskou hul impak as groter as plaaslike jagters.

• Die perspektief van die plaaslike gemeenskap ontbreek steeds.

Submitted on

NWU bevestig dr Anna Mokgokong se tweede termyn as kanselier

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het die bekende sakeleier en entrepreneur dr Anna Mokgokong se tweede termyn as kanselier bevestig.

Dit is op 12 Maart tydens ’n luisterryke geleentheid in Potchefstroom bevestig nadat die NWU Raad haar vir ’n verdere vyf jaar verkies het. Dr Mokgokong se eerste termyn het op 20 November 2024 verstryk.

As kanselier dien sy as titulêre hoof van die NWU, en al die kwalifikasies wat deur die universiteit toegeken word, word formeel deur haar toegeken.

Submitted on

Navorsers het ontdek dat kameeldoringbome die groei van lammers en hulle vleisgehalte verbeter

In die droë, sanderige grond van Suider-Afrika bring ’n geharde vegter sy kant: Vachellia erioloba, meer bekend as die kameeldoring. Hierdie geharde boom wat voorheen onder die genus Acacia as Acacia erioloba geklassifiseer was, word ook ’n kameeldoring in Afrikaans of ’n mokala-boom genoem.

Submitted on

Noordwes-Universiteit op die voorpunt van landbou-innovasie

Gewasproduksie in Suid-Afrika lê in die skadu van stormwolke, en nie die tipe waarna boere smag nie. ʼn Swetterjoel onsekerhede span saam om die vooruitsigte vir die land se gewasboere te verduister, wat klimaatsverandering, waterskaarste, gronddegradasie, siektes, ekonomiese onstabiliteit sowel as infrastruktuur- en energiebeperkinge insluit.

Daarom beywer navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe hulleself om daadwerklike oplossings vir die land se knellendste landboukwessies te vind.

Submitted on

Uitnemendheidstoekennings gee erkenning aan personeel wat in hulle kundigheidsgebiede uitblink

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het sy uitmuntende personeel beloon tydens die jaarlikse NWU Uitnemendheidstoekenningseremonie, wat op 21 November in Potchefstroom plaasgevind het.

Meer as 130 personeellede het erkenning ontvang vir hulle uitmuntende bydraes in onderskeidelik onderrig en leer, gemeenskapsbetrokkenheid, en navorsing en innovasie.

Submitted on

Internasionaal befaamde farmaseutiese sakeleier ontvang eredoktorsgraad

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Vrydag 2 Augustus ’n eredoktorsgraad aan die internasionaal befaamde farmaseutiese sakeleier en NWU-almunus Jannie Oosthuizen toegeken.

Mnr Oosthuizen het erkenning ontvang vir sy buitengewone bydraes tot en betekenisvolle posisie in die internasionale gesondheidsektor, waar hy as ’n sleutelrolspeler beskou word.

Submitted on