Deskundiges

Boek ondersoek die rol van musiek in emosies

Musiek kan ’n mens se gemoed kalmeer. Daar word gesê “musiek maak die woedende monster stil”.

Dit kan byvoorbeeld ’n omgewing van kalmte, romanse, leer en kreatiwiteit skep. ’n Nuwe boek deur prof Conroy Cupido, ’n akademikus van die Noordwes-Universiteit (NWU), kyk hoe vier visuele kunstenaars oorspronklike kunswerke geskep het oor die betekenis wat hulle aan musiek heg en hoe die musiek hulle emosies beïnvloed het.

Music, art and emotion: depictions of the night inspired by romantic art song is ’n ooptoegang- vakkundige boek wat op 22 Februarie bekendgestel is.

Submitted on Mon, 03/13/2023 - 09:55

Skerp styging in mediadekking waarby die NWU betrokke is in 2022

Niemand kan sê dat 2022 nie ’n gebeurtenisvolle jaar ten opsigte van nuusgebeure was nie. Die inval in Oekraïne; ’n wêreldwye styging in inflasie; die dood van prominente figure, nie net in die vermaaklikheidsbedryf nie, maar ook groot internasionale persoonlikhede soos koningin Elizabeth II; en die toenemende effek van klimaatsverandering het onder andere die hoofopskrifte oorheers terwyl die wêreld se bevolking tot meer as 8 biljoen mense toegeneem het.

Submitted on Thu, 01/19/2023 - 12:04

Ouers verskil van leerders en onderwysers in hulle sienings oor lyfstraf by skole

Dit is duidelik dat iets aan dissipline in skole gedoen moet word, maar om weer lyfstraf terug te bring, selfs op ’n beperkte skaal, is waarskynlik nie die antwoord nie.

Dit is een van die bevindings van ’n studie deur dr Noorullah Shaikhnag, senior lektor en adjunkdirekteur by die Skool vir Psigososiale Opvoeding van die Noordwes-Universiteit (NWU).

Die studie het groot verskille oor die onderwerp van lyfstraf onder leerders, onderwysers, ouers en skoolbestuursliggame uitgewys.

Submitted on Thu, 12/08/2022 - 10:25

Navorser wys die weg aan oor hoe om akademiese integriteit te bevorder

Die akademiese wêreld kan maklik deur oneerlikheid en plagiaat geïnfiltreer word, veral in moeilike tye soos die afgelope twee jaar van die Covid-19-pandemie. Goeie akademiese praktyk is noodsaaklik vir dosente en studente. 

Prof Anné Verhoef, direkteur van die Skool vir Filosofie aan die Noordwes-Universiteit (NWU), is ’n vurige voorstander van akademiese integriteit en het sy navorsing om die vestiging van ’n Gemeenskap van Praktyk vir Akademiese Integriteit (Community of Practice for Academic Integrity, CoPAi) gesentreer.

Submitted on Thu, 12/08/2022 - 10:17