Navorsing
Fakulteit Ingenieurswese se vindingrykheid ’n sleutel tot PhD-suksesse
Vindingrykheid het die wêreld opgebou, vernuf onderhou dit en ons verbeelding sal dit die toekoms in neem. Dit is duidelik uit van die interessante en belangrike PhD’s wat die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Ingenieurswese in 2021 opgelewer het.
Op die gebied van chemiese ingenieurswese het Innocentia Erdogan haar PhD vir haar tesis “Species dispersion from a closed Namaqualand metalliferous mine into water sources, South Africa” ontvang.
WaterNet-span oop vir waterskeidingservarings by die NWU
Vanaf Januarie 2022 sal die sekretariaat van die streekswaternavorsingsnetwerk genaamd WaterNet as deel van ’n vyfjaarooreenkoms by die Mahikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) gestasioneer wees.
Ons het met die uitvoerende bestuurshoof van WaterNet, medeprofessor Jean-Marie Kileshye Onema, gesels om ’n beter begrip te kry van hierdie organisasie wat uit 79 lede bestaan – ’n netwerk van Suider-Afrikaanse universiteitsdepartemente, navorsings- en opleidingsinstellings wat in water spesialiseer.
Navorser ondersoek privaatetiket-handelsmerke in Suid-Afrika
Privaatetiket-handelsmerke het oor die afgelope paar jaar in die kleinhandelafdeling vir kruideniersware veld gewen. Hulle is nie net meer alternatiewe vir die grootnaam-handelsmerke nie, maar is vinnig besig om die voorkeurhandelsmerke te word – mits daar aandag aan die persepsies oor gehalte gegee word.
Só sê Gift Ndlovu, ’n navorser van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU).
Kweek suksesvolle opkomende boere deur vennootskappe
Wat het opkomende boere nodig om suksesvol te wees? Dit is die vraag wat dr Faan Pelser, ’n akademikus van die Noordwes-Universiteit (NWU), en prof Theuns Pelser van die Universiteit van KwaZulu-Natal se Nagraadse Skool vir Besigheid en Leierskap in hulle jongste navorsingsreferaat wil probeer beantwoord.
Die referaat is getiteld “The factors that contribute to the growth of emerging farmers in the agricultural sector, North West Province, South Africa”.
Luister na die sterre
Die ruimte is nie so stil as wat dit dalk voorkom nie, en asteroseismoloë weet dit. Asteroseismologie is ’n florerende gebied met geleenthede vir studente en jong navorsers en het ’n impak op talle ander gebiede van sterrekundige navorsing.
Maar waaroor gaan asteroseismologie alles? Prof Don Kurtz, ’n A1-gegradeerde professor wat nou op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mahikengkampus gestasioneer is, verduidelik.
Informele afvalinsamelaars lewer ’n geweldige bydrae tot herwinning in Suid-Afrika
Informele afvalinsamelaars in Suid-Afrika speel ’n sleutelrol in die herwinningswaardeketting, maar kry dikwels geen erkenning nie. Daar moet maniere gevind word om hulle in staat te stel om deel te neem aan besluite oor afvalbestuurspraktyke en gemeenskapsherwinningsprogramme, sê prof Derick Blaauw van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Skool vir Ekonomie.
Seksisme en seksuele teistering is groot uitdagings vir vroue-entrepreneurs
Hoewel entrepreneurskap sy eie uitdagings het, ervaar vroue ’n bykomende klompie struikelblokke wat uniek aan hulle is. Op papier het Suid-Afrika wonderlike geleenthede vir vroulike entrepreneurs, maar in werklikheid affekteer talle ekonomiese, maatskaplike en kulturele struikelblokke vroue en hulle ondernemings.
Volgens ’n studie wat Refiloe Moetsi, ’n MBA-gegradueerde van die Noordwes-Universiteit (NWU), uitgevoer het, is seksisme, seksuele teistering, huwelikskomplikasies, probleme met eiewaarde en ’n gebrek aan sakekennis van die probleme wat vroue ervaar.
Drieminute-tesis toon dat minder meer kan wees
Bondige, duidelike kommunikasie is noodsaaklik in die akademiese omgewing. Dit is ’n vaardigheid wat maak dat jou navorsingsvisie gehoor word en selfs ’n beter vaardigheid om dit verstaanbaar te maak.
NWU onder die bestes in ingenieurstudies
Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van die topinstellings in Suid-Afrika in ingenieurstudies. Dit is volgens die jongste ranglys deur Times Higher Education (THE), wat die NWU op die gebied van ingenieurswese in die derde posisie onder nege plaaslike hoëronderwysinstellings geplaas het (dieselfde as verlede jaar).