NWU nou in die top-4,5% van wêrelduniversiteite
Die Noordwes-Universiteit (NWU) skitter steeds op wêreldwye ranglyste. In die jongste ranglysgradering het die Center for World University Rankings (CWUR) die NWU in hulle 2022/2023-uitgawe van die Global 2000-lys in die top-4,5% van universiteite geplaas. Dit is ’n verbetering op hulle plek in die top-4,7% op dieselfde ranglys verlede jaar.
Hierdie merkwaardige prestasie is op 25 April op die cwur.org-webwerf gepubliseer. Die NWU is volgens akademiese prestasie onder 19 788 universiteite wêreldwyd op die ranglys geplaas.