Waarom vroeë sifting vir bloeddruk by kinders noodsaaklik is
Hoë bloeddruk of hipertensie is nie net ’n siekte by volwassenes nie, maar begin tydens die kinderjare en duur tot in volwassenheid.
In ’n studie wat deur die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) van die Noordwes-Universiteit (NWU) uitgevoer is, beklemtoon navorsers die belangrikheid van sifting by kinders, veral swart kinders, vir verhoogde bloeddruk.