Mensebelange

Jongste graderings bevestig die NWU se gehaltevakke weer eens

Is jy ’n gesondheidskundige of sielkundige, of wil jy graag hierdie vakke bestudeer?  Dit is bevestig. Die Noordwes-Universiteit (NWU) is net die regte plek om te wees vir ’n gehalte-opvoeding in hierdie velde.

Soos vorige graderings hierdie jaar, gee die jongste graderings deur Times Higher Education (THE) World Rankings per vakgebied erkenning aan die goeie stand van die NWU onder die beste hoëronderwysinstellings, plaaslik sowel as internasionaal.

Submitted on Thu, 09/16/2021 - 16:24

Die stryd teen GBV

Suid-Afrika word elke paar maande geskud deur ’n storie van geslagsgebaseerde geweld (GBV) wat die meeste van ons verstom laat. Die liggaam van ’n finalejaarstudent in die Regte is onlangs in ’n verminkte toestand in ’n plastieksak buite Oos-Londen gevind. Haar seksmaat is vir die beweerde misdaad in hegtenis geneem.

Submitted on Tue, 09/14/2021 - 12:17