Mensebelange

Misdaad word gestraf, maar wat van rehabilitasie?

Die Suid-Afrikaanse strafstelsel het gefaal, en as gevolg daarvan is misdaad buite beheer. Dit is die harde en ongemaklike werklikheid wat die samelewing moet trotseer, en die land se kwellende misdaadstatistiek getuig daarvan.

Een rede daarvoor is die gebrek aan rehabilitasiegeleenthede wat vir oortreders beskikbaar is. Die bekoring daarvan om weer die ou weë te bewandel, kan té aanloklik wees, maar daar is ook ’n fundamentele wanbegrip van die gesistematiseerde struikelblokke wat misdadigers moet hanteer wanneer hulle weer die samelewing betree.

Submitted on Wed, 02/16/2022 - 20:09

NWU sit sy indrukwekkende prestasie op ranglys voort

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het sy plek onder die room van die oes van die plaaslike en internasionale universiteite op verskeie wêreldwye ranglyste van 2021 bevestig en sit hierdie jaar sy indrukwekkende prestasie op die ranglyste voort.

Times Higher Education (THE) Young University Rankings het die NWU algeheel derde in Suid-Afrika en 124ste internasionaal op sy ranglys van die wêreld se beste universiteite van 50 jaar oud en jonger geplaas. Die NWU was in 2021 ook oorkoepelend derde in Suid-Afrika op hierdie ranglys.

Submitted on Wed, 02/16/2022 - 14:43

Ruan vat die leisels

Dit was ʼn eenparige besluit – nie die spelers of spanbestuur het gehuiwer nie. Daar is net een man wat getaak kan word om die Noordwes-Universiteit (NWU) Arende se aanslag in hulle 2022 Varsitybeker-veldtog te lei en daardie man is Ruan “Sampie” Swiegers.

Submitted on Mon, 02/07/2022 - 08:50

Die ruimte, biljoenêrs en ons nuwe era van ruimtevaart

Daar was ’n tyd toe die supermoondhede in ’n stryd om algehele oorheersing gewikkel was en die wêreld op die randjie van uitwissing gestaan het. Daar was ’n tyd toe manne in kolosse genaamd Redstone, Atlas, Titan en Saturn met honderde duisende ponde stootkrag agter hulle na die hemele gereik het, en die name Sputnik, Laika, Gagarin, Shepard en Glenn van die ooste na die weste weerklink het.

Submitted on Thu, 01/27/2022 - 14:01