Studentelewe Nuus

Viva Las Vegas! Trio op pad na Golden Key internasionale beraad

Siboniso Jam-Jam, Sphumelele Ngomane en Kgomotso Mashigo is op pad om op ’n belangrike internasionale avontuur te vertrek deur die jaarlikse Golden Key internasionale beraad van 2017 in Las Vegas, Nevada by te woon.

Die driemanskap – almal studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark – gaan van 27 tot 30 Julie…

GKI-projek: maak jou hande vuil en laat jou hart vir die natuur klop

“As jy ’n tuin en ’n biblioteek het, het jy alles wat jy nodig het.” Hierdie woorde van die Romeinse politikus en prokureur, Marcus Tullius Cicero, het by ’n mens opgekom tydens die onlangse inwyding van die Groenkampusinisiatief (GKI) se mobiele groentetuinprojek op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark.

Studente van…

Alumni vorm vennootskap met Loopbaansentrum om studente te bemagtig

Vincent Kheswa, Charles Matubule, Keketso Mofokeng en Kagiso Mphachoe is nie net vier onverwante jong mans wat hulle stempel in die werksomgewing afdruk nie. As alumni van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark deel hulle ’n diepgewortelde passie vir hulle alma mater en die opkomende geslag leiers en presteerders.

Dié…

NWU-kundiges sê onbuigsame aard van werkloosheid onder jeug dui op veelvlakkige probleem vir SA –

In Suid-Afrika soek meer as 5,7 miljoen burgers aktief na werk, en dit is die jeug (tussen die ouderdom van 15 en 24 jaar) wat die ergste deur hierdie sosio-ekonomiese uitdaging getref word.

Me Precious Mncayi en mnr Jacques de Jongh, albei kundiges binne die veld van die ekonomie by die Noordwes-Universiteit se kampus in Vanderbijlpark, is…

Kampus bult sy spiere by USSA 2017

Dis is amptelik! Die Noordwes-Universiteit (NWU) is tweede in die land wanneer dit by liggaamsbou as mededingende sport kom.

Tydens die onlangse Universiteit Sport Suid-Afrika-kampioenskap (USSA-kampioenskap) wat in Durban gehou is, het die span van die kampus in Vanderbijlpark nie alleen die algehele vroueafdeling gewen nie, maar ook…

Bloemis Yolanda blom toe eintlik in die onderwys

ʼn Mens kan nie help om te wonder of Yolanda Fourie in haar matriekjaar aan die Hoërskool Transvalia geweet het wat vir haar in die toekoms wag nie. Het sy ooit, terwyl sy as bloemis tussen die blomme werksaam was, geweet waar sy eintlik eendag sou blom? Sou sy kon dink dat sy eendag op die verhoog by ʼn gradeplegtigheid van die Noordwes-…

NWU rector shares lessons learned from #Feesmustfall

Prof Linda du Plessis, waarnemende rektor van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark, het onlangs as hoofspreker by die 2017 PMR-toekennings wat by die Riverside Hotel in Vanderbijlpark gehou is, opgetree.

Prof Du Plessis het die gehoor, wat uit lede van die privaat en openbare sektore in die Sedibeng-…

Rektor beloon wenners van eerstejaarskarnaval

Die wenners loop met die louere weg – in hierdie geval was dit die Faranani-afkampuskoshuis van die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU). Prof Linda du Plessis, waarnemende kampusrektor, het aan hierdie wenners van die 2017-weergawe van die eerstejaarskarnaval ’n kontantprys van R10 000 oorhandig.

Die karnaval het in…

Studente word uitgenooi om vir nagraadse Mandela Rhodes-beurs aansoek te doen

Strewe jy daarna om 'n leier te word wat 'n positiewe bydrae tot die ontwikkeling van die Afrika-kontinent sal maak? Wil jy in 2018 met nagraadse studie voortgaan en is jy op soek na 'n beurs wat volledig befonds is? {C}

Wil jy graag deel van 'n lewensveranderende leierskapontwikkelingsprogram wees saam met 'n diverse groep begaafde leiers…

Gemeenskapsuitreiking 2017 – eerstejaarstudente gee hulle tyd en harte

Vir sommige mense is vrywilligerwerk en gemeenskapsdiens ’n opsionele ekstra – iets wat jy doen wanneer jy tyd en bykomende hulpbronne tot jou beskikking het. Dit is nie die geval op die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit nie.

Verbeel jou: 800 eerstejaarstudente uit alle vlakke van die samelewing wat sing en glimlag terwyl…