Studentelewe Nuus
Alles gereed vir die Sasol/NWU Vanderbijlpark Basketbaltoernooi
Alles is gereed vir die jaarlikse Sasol/NWU Vanderbijlpark Senior Basketbaltoernooi, wat van 2 tot 4 Maart 2018 plaasvind.
Sasol, ’n internasionale geïntegreerde chemiese en energiemaatskappy, gaan as die hoofborg van die gebeurtenis optree en spanne van regoor Suid-Afrika en die res van die vasteland sal die baan betree en mekaar die stryd…
NWU Vanderbijlpark: Welkom Eerstejaars!
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het onlangs meer as 1 500 nuwe eerstejaars in hulle midde verwelkom.
Op Saterdag 3 Februarie is die nuwe groep eerstejaarstudente en hulle ouers tydens die 2018 Verwelkomingsdag amptelik by die NWU-familie ingelyf. Die Verwelkomingsdag – soos dit deur die Departement vir…
NWU betreur die heengaan van voornemende onderwyser
Die gemeenskap van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark betreur die heengaan van Bathabile Mohopela, ’n student in die Fakulteit Opvoedkunde.
Bathabile, ’n finalejaar-Grondslagfase-student, het haar stryd teen kanker op Maandag 5 Februarie 2018 verloor. Sy het nog net vyf modules nodig gehad om haar graad te voltooi…
NWU Vanderbijlpark: alles verloop goed met eerstejaarsregistrasie vir 2018
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark woel en werskaf met talle eerstejaarstudente wat toustaan om vir die 2018 akademiese jaar te registreer.
Die Registrasie- en Oriënteringsprogram (R&O-program) het op Maandag 22 Januarie afgeskop en die kampusgemeenskap het die nuwe inname van eerstejaarstudente met ope arms en…
NWU Vanderbijlpark: Op julle merke. Gereed. Registreer!
Almal is aan die gang terwyl die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark gereedmaak om die registrasie en oriënteringsprogram (R&O-program) vir 2018 te implementeer. Die program begin op Maandag 22 Januarie, wanneer die registrasieproses afskop.
Registrasie
Hierdie jaar se inname van eerstejaarstudente vind van…
Oorbrug die digitale gaping een township op ’n keer
As die jongste HUB nóg van Projek Isizwe[HC1] , die innoverende niewinsgewende organisasie (NWO) agter Afrika se suksesvolste gratis Wi-Fi-netwerk, rig Dudu Mkhwanazi (26) haar visier daarop om die digitale gaping in Suid-Afrika te oorbrug. Meer nog, sy raai alle Suid-Afrikaners aan om na vore te kom en hulle deel te doen om internettoegang aan…
Skynverhore bied ʼn voorsmaak van maatskaplikewerk-omgewing
“Wanneer jy in hierdie hof instap, is jy op my speelvlak.” Dit is die woorde van mnr Johan van den Berg aan tweedejaar-maatskaplikewerkstudente tydens die jaarlikse skynverhore waar studente ʼn voorsmaak kry van die harde realiteit wat ʼn maatskaplike werker in die hof in die gesig staar.
Die…
'Serious game' kan statistiekkopseer verlig
Wanneer dit by die leer en begrip van statistiek kom, beskou talle studente die vak as ’n afskrikwekkende uitdaging wat hulle nie net gedemotiveer laat nie, maar ook gefrustreerd –soms selfs voordat hulle met die module op universiteit begin.
Toe die akademiese ondersteuningsdepartemente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in…
USSA 2017: ’n dompelskoot vir NWU Vanderbijlpark
Die vrouebasketbalspan van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het op die baan gewys wat in hulle steek tydens die onlangse Universiteitsport Suid-Afrika-kampioenskappe (USSA-kampioenskappe) wat in Stellenbosch plaasgevind het. Die span het goed gevaar en algeheel derde geëindig.
In hulle opmars na die semifinale het…
NWU Vanderbijlpark se sokkerspelers domineer B-afdeling by USSA 2017
Die mans- en vrouesokkerspanne van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het die kampus se vaandel hoog gehou tydens die onlangse Universiteitsport Suid-Afrika-kampioenskappe (USSA-kampioenskappe) wat in Johannesburg gehou is.
Albei spanne het in die B-afdeling deelgeneem en as die trotse afdelingwenners daar…