Alles gereed vir die Sasol/NWU Vanderbijlpark Basketbaltoernooi

Alles is gereed vir die jaarlikse Sasol/NWU Vanderbijlpark Senior Basketbaltoernooi, wat van 2 tot 4 Maart 2018 plaasvind.

Sasol, ’n internasionale geïntegreerde chemiese en energiemaatskappy, gaan as die hoofborg van die gebeurtenis optree en spanne van regoor Suid-Afrika en die res van die vasteland sal die baan betree en mekaar die stryd aansê. Dit is hierdie jaar die derde gesamentlike onderneming tussen die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark en Sasol, asook die vierde weergawe van die toernooi.

Volgens Sean Mcallaghan, sportbestuurder op die kampus, is daar 40 spanne van regoor Suid-Afrika en buurlande soos Mosambiek, Swaziland, Zimbabwe en Botswana wat vir die trofees sal meeding. Die toernooi vind by die Harry Gwala veeldoelige sportkompleks in Zamdela plaas en toegang is gratis.

Spanne sal vir prysgeld van meer as R30 000, asook trofees en medaljes meeding.

Volgens Karin Fourie, senior bestuurder vir kommunikasie, geleenthede en handelsmerkbestuur by Sasol, is hierdie borgskap deel van besigheid se voorgesette betrokkenheid by die plaaslike gemeenskap en sy belangstelling in die ontwikkeling van ’n opkomende geslag met ’n liefde vir die sport. “Sasol se bydrae tot die ontwikkeling van sport strek verder as een groot sportkode – ons borg ’n verskeidenheid sportkodes, soos basketbal, swem, motorsport en sokker,” sê Karen.

Vir meer inligting, kontak die toernooidirekteur, Thomas Thema, by 016 910 3199.

Aksie op die baan Foto: Ettienne van Rensburg

 

Submitted on Mon, 03/12/2018 - 09:30