Studentelewe Nuus
Die toekoms lê oop vir die gegradueerdes van 2018
Die opwindende wêreld van die werksomgewing wag op diegene wat in 2018 gegradueer het. Dis ’n wêreld wat deur ongeëwenaarde verandering, vinnige tegnologiese vorderings en ’n groot behoefte aan responsiewe en strategiese leierskap gekenmerk word.
In haar toespraak by die onlangse Oktober-gradeplegtigheid van die Noordwes-Universiteit (NWU…
Kommoditeitsrisikobestuur: studente oes ervaring
Ekonomiese onstabiliteit het die wyse verander waarop maatskappye bedryf word. Die dae waar besluite uitsluitlik met behulp van voorspellings en projeksies geneem is, is lankal iets van die verlede. Risikobestuur het ’n integrale deel van goeie bestuur en beheer geword.
Dit geld ook vir graanbemarking en ‑verhandeling waar.
…
Verandering noodsaak innovasie en groei – prof Linda du Plessis
Radikale verandering is aan die orde van die dag.
So het prof Linda du Plessis, adjunk-visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU) verantwoordelik vir institusionele beplanning en Vanderbijlparkkampusbedrywighede, tydens die onlangse NWU Leierskapsberaad in Johannesburg gesê.
As een van die hoofsprekers het sy die…
Die kampus se kolfblad is voorberei vir die jaarlikse KFC Minikrieketfees
Moenie dat die naam jou mislei nie. Minikrieket is ernstige sake – vra maar vir enigeen van die meer as 500 jongelinge (wat 18 skole in Gauteng verteenwoordig) wat deelneem aan die jaarlikse Minikrieketfees wat deur die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark aangebied word.
Die 2018-weergawe van die geleentheid vind op 15…
SEW2018 plaas studente-entrepreneurskap op die voorgrond
Vir die tweede agtereenvolgende jaar het die Noordwes-Universiteit (NWU) – in samewerking met die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) – ’n baie geslaagde entrepreneurskapweek vir studente aangebied.
Die inisiatief vir die Studente-entrepreneurskapweek (SEW) het in 2017 tot stand gekom en verteenwoordig ’n nasionale veldtog vir…
NWU-gemeenskap ondersteun KANSA Relay for Life
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark en die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) het ’n belangrike mylpaal gevier deur die naweek van 15-16 September 2018 hande te vat en saam die sesde jaarlikse Vanderbijlparkstreek se KANSA Relay for Life aan te bied.
Daar was weer ’n keer deelnemers en ondersteuners van regoor…
NWU AVK moedig die viering van vroue aan
Ter viering van Vrouemaand, deel prof Linda du Plessis, die Noordwes-Universiteit (NWU) se adjunk-visekanselier vir kampusbedrywighede in Vanderbijlpark, die volgende boodskappe met Suid-Afrikaanse vroue – jonk en oud:
Corazon Aquino is in 1933 in die Filippyne gebore. Sy was met senator Benigno Aquino getroud wat in die vroeë 1980’s deur ʼn…
NWU Vanderbijlpark presteer goed in Peregrine-liga
Daar word gesê dat sweet plus opoffering gelyk is aan sukses. Wanneer ’n mens na die telkaart van die afgelope naweek kyk, lyk dit asof die rugbyspanne van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark daarmee saamstem.
Die kampus het die geskiedenisboeke herskryf toe hulle hul aartsvyande, Brakpan, in die Valke se Peregrine-…
‘n Blink toekoms wag vir slimkop Franco
Franco Bosman is ʼn man met ʼn plan. Tydens die onlangse Toekennings vir Studente-uitnemendheid van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark, is Franco aangewys as die beste GR-student in die 2017-derdejaarsgroep, met ‘n gemiddeld van 94%.
As ʼn huidige honneursstudent in…
Jong karateka mik na goud
Talle karatekas droom daarvan, maar baie min kry ooit die geleentheid om die Land van die Opkomende Son te besoek. Stephen Moeketsi, ’n finalejaar-BEd-student van die Noordwes-Universiteit (NWU), is een van die min gelukkiges wat die tuiste van karate, Japan, gaan besoek.
Stephen (25), ’n student op die NWU se kampus in Vanderbijlpark, het…