Die toekoms lê oop vir die gegradueerdes van 2018

Die opwindende wêreld van die werksomgewing wag op diegene wat in 2018 gegradueer het. Dis ’n wêreld wat deur ongeëwenaarde verandering, vinnige tegnologiese vorderings en ’n groot behoefte aan responsiewe en strategiese leierskap gekenmerk word.  

In haar toespraak by die onlangse Oktober-gradeplegtigheid van die Noordwes-Universiteit (NWU) het prof Linda du Plessis, adjunk-visekanselier vir beplanning en kampusbedrywighede in Vanderbijlpark, gegradueerdes gelukgewens met hulle akademiese toewyding en hulle begeerte om ’n impak op hulle onderskeie spesialisasiegebiede te maak.

Sy het die gegradueerdes uitgedaag om rolmodelle en mentors in hulle gemeenskappe te word en sodoende die sirkel van bemagtiging deur opvoeding voort te sit. “As Suid-Afrikaanse gegradueerdes het julle die bykomende verantwoordelikheid om die sosio-ekonomiese skaal te help swaai sodat maatskaplike ongeregtighede reggestel kan word, en om transformasie voor te staan,” het prof Linda gesê.

’n Totaal van 72 grade is by die gradeplegtigheid in Vanderbijlpark toegeken, insluitende sewe doktorsgrade.

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

  • Melinda du Toit: Bedryfsielkunde
  • Lukishi Jacob Mamaile: Rekeningkunde
  • Natanya Meyer: Entrepreneurskap
  • Jacobus Johannes Swart: Rekeningkunde

Fakulteit Geesteswetenskappe

  • Christopher Magezi: Bybelkunde
  • Masindi Mapholi: Sosiale Wetenskappe met Openbare Bestuur en Regering
  • Kagiso Tsukudu Paul Pooe: Openbare Bestuur en Regering

 

Sewe doktorsgrade is tydens die seremonie toegeken

Submitted on Fri, 10/19/2018 - 12:14