Dwayne Pocock – NWU Vanderbijlpark se groot kolwer

“In krieket, soos ook in die lewe, moet jy weet wanneer om aan en af te skakel, en die res sal self regkom.” Hierdie woorde deur Sachin Tendulkar – wat as een van die grootste kolwers ooit beskou word – geld veral vir Dwayne Pocock.

Dwayne (23) is beslis “aangeskakel”, en is onlangs deur die gewilde aanlyn forum Club Cricket SA as die Suid-Afrikaanse Klubkrieketspeler van die Week aangewys.

Hierdie talentvolle regterhandkolwer met die geweldige slaankrag geniet nie net die afgelope ruk ’n uitmuntende professionele beurt nie, maar het in die 2017/2018 Gauteng Krieketraad se premierliga B-kampioenskap byna ’n dubbele honderdtal behaal. Hy het 182 lopies van slegs 122 balle geslaan (met 20 viere en 11 sesse) tydens die oorwinning van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vaal Krieketklub oor die Lenasia-Suid Krieketklub.

In Oktober 2017 het hierdie jong alumnus van die NWU se kampus in Vanderbijlpark as krieketafrigter en ‑organiseerder by die geledere van sy alma mater se Sportdepartement aangesluit. Volgens Dwayne is Suid-Afrikaanse klubkrieket baie mededingend. Die NWU Vaal Krieketklub spog met drie spanne in klubkrieketligas.

* Dwayne het in 2017 ’n BCom Finansiële Rekeningkunde-graad aan die NWU behaal.

Dwayne Pocock – Klubkrieket SA se speler van die week.

 

Submitted on Mon, 03/12/2018 - 09:24