Navorsingsnuus
The Cave: ’n digitale veilige hawe vir maatskaplike werkers
Maatskaplike werk word oor die algemeen as ’n stresvolle beroep beskou as gevolg van die emosionele eise waaraan praktisyns onderworpe is. Een groep maatskaplike werkers wat veral kwesbaar is vir negatiewe uitkomste is dié wat in die kinderbeskermingspraktykopset werk en die statutêre taak het om kinders te beskerm.
Dit was een van die…
Emosionele en sielkundige effek van misdaad is kompleks
Die misdaadsyfers wat Statistieke Suid-Afrika in 2019 vrygestel het, skets ’n somber prentjie. Die meeste Suid-Afrikaners leef in vrees en weet nie of hulle die prooi van misdadigers sal word nie. Slagoffers van gewelddadige misdaad verloor nie net hulle materiële besittings nie, maar kan ook beduidende emosionele en sielkundige trauma opdoen.…
Navorsing gee ’n stem aan kwesbare kinders
Die seksuele misbruik van kinders is ’n droewige werklikheid in Suid-Afrika.
Mense sê dat hulle iets sal sê as hulle meen dat ’n kind seksueel misbruik word; talle is seker dat hulle uitbuiting sal herken, en byna niemand glo dat hulle sou toelaat dat mishandeling voortgaan as hulle weet wat aan die gang is nie. Tog toon statistiek dat een…
Slimstasie by die NWU sal luggehalte en weer moniteer
Vanderbijlpark, ’n besoedelingsknelpunt, is gekies as die ligging van ’n moderne waarnemingstasie wat die weer sowel as die luggehalte sal moniteer.
Hierdie multimiljoenrandontwikkeling sal maak dat die Noordwes-Universiteit (NWU) die eerste hoëronderwysinstelling in die land word wat ’n permanente moniteringstasie op hulle terrein sal…
Bordspeletjie help rekeningkundestudente om die sprong na die werkplek te maak
Nuuskierigheid stimuleer die brein, en dit maak bordspeletjies die ideale leerinstrument. Rekeningkundestudente sal dit binnekort agterkom wanneer hulle ’n nuwe bordspeletjie speel wat spesiaal vir hulle ontwerp is.
Kreatiewe benaderings tot onderrig en leer word toenemend binne en buite hoër onderwys gebruik. Een van die toonaangewers in…
Navorsing is haar passie, en innovasie haar tweede natuur
Google het net 0,50 sekondes nodig om te reageer op die soekterme “Verona Leendertz”. Uit dié resultate is dit duidelik dat prof Verona Leendertz passievol is oor professionele ontwikkeling – hetsy haar eie is as kundige op die gebied van opleiding en ontwikkeling in hoër onderwys, of die kweek van toekomstige navorsers in die Noordwes-…
Intreerede spoor bedryfsnavorsing na die Tweede Wêreldoorlog toe terug
Bedryfsnavorsing (BN) is modern en uiters gesofistikeerd, maar die oorsprong daarvan kan teruggespoor word na 1939, toe die Koninklike Lugmag die reikwydte van radar begin uitbrei het.
Prof Philip Pretorius het onlangs die gehoor aan die begin van sy intreelesing op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark ’n kort…
Optentia gaan Stats Camp Suid-Afrika aanbied
Wat navorsing betref, is die bevindings net so sterk soos die ontleding van die data. As ’n navorser die statistiese ontleding goed doen, sal die navorsing tot voordeel van die samelewing wees. Indien nie, is ’n geleentheid verlore.
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Optentia-navorsingsfokusarea gaan in April in samewerking met twee…
Hier kom die volgende geslag ekostryders
Die toekoms van ons planeet is dalk nie so donker as wat talle mense voorspel nie. ’n Navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) doen haar deel om ’n nuwe geslag ekostryders toe te rus met kennis en toewyding om waterskaarste en ander uitdagings wat met klimaatsverandering te doen het, te bestry.
Dr Irene Muller van die Fakulteit…
NWU-kundiges besoek Sentraal-Europa om internasionale samewerking ’n hupstoot te gee
Internasionalisering is ’n top strategiese prioriteit vir die Noordwes-Universiteit (NWU). Hierdie praktyk verbeter nie net die gehalte van onderwys nie, maar bevorder ook kennistransformasie en ‑verkryging, die mobilisering van talent ter ondersteuning van wêreldwye navorsing, en die bevordering van die kurrikulum met internasionale inhoud.…