Navorsingsnuus
Tegnologie- en innovasiekundiges by die NWU deel kennis met afvaardiging uit Malawi
Dit neem ’n span spesialiste om te verseker dat die goeie idees, baanbrekerinnovasies en indrukwekkende intellektuele eiendom van die Noordwes-Universiteit (NWU) in ’n toenemend mededingende omgewing aan die voorpunt bly.
Ter erkenning van die kundigheid aan die NWU het ’n afvaardiging uit Malawi die universiteit se Tegnologie-oordrag…
NWU se Intelligente Stelsels-navorsingsgroep is besig om intelligensie te ontwikkel om vervoerprobleme op te los
Rekenaars word al hoe noodsaakliker in die moderne samelewing, met ’n geweldige invloed oor hoe mense probleme skep en oplos. Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Intelligente Stelsels-navorsingsgroep se missie is om volgendegeslagoplossings te ontwikkel wat sal help om vervoerprobleme met behulp van tegnologie op te los.
Geleë in die…
Hospitaal klop aan die NWU se deur vir beter sorg vir borskankerpasiënte
Navorsers by die Noordwes-Universiteit (NWU) werk gereeld in gemeenskappe om lewens te verbeter en oplossings vir dringende kwessies te vind. In die stryd teen borskanker het ’n hospitaal in Potchefstroom die kundigheid van die navorsingseenheid Medisyneverbruik in Suid-Afrika (MUSA) in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe ingeroep.
…
Sosiale media in die klaskamer: meer voordele as nadele
Die koms van sosiale media het ’n baie groot uitwerking op onderrig en leer gehad, maar baie min is bekend oor die voor- en nadele van die gebruik van sosiale media in die klaskamer.
So sê dr Thamie Ndlovu, ʼn opvoedkundige tegnoloog by die Noordwes-Universiteit (NWU), wie se PhD-studie die gebruik van sosiale media as instrument vir…
Munisipaliteite moet die belangrikheid van vullissmouse erken
Meer as 100 000 mense in Suid-Afrika begin om die vullissmoussektor as bron van werk te gebruik. Dit is volgens Nonhlanhla Ngcobo, ’n PhD-student en navorser by die Suid-Afrikaanse navorsingsleerstoel in stede, die reg en omgewingsvolhoubaarheid (Cities, Law and Environmental Sustainability) by die Fakulteit Regte op die Noordwes-Universiteit (…
Die gebruik van nanotegnologie vir voedselsekerheid en die beskerming van die omgewing
Een van die uitdagendste bekommernisse van die 21ste eeu is die beskerming van voedselsekerheid vir die wêreld se bevolking wat eksponensieel toeneem, soos dit in doelwit 2 van die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (VOD’s) gestipuleer word. Volgens projeksies gaan die wêreldwye vraag na voedsel teen 2050 met tussen 60% en 98…
Op soek na 'n manier om ons varswaterbronne te bewaar
Suid-Afrika se varswaterbronne is onder druk van verskillende soorte besoedelstowwe, en die Noordwes-Universiteit (NWU) se navorsers soek na maniere om met die meer ontwykende besoedelstowwe tred te hou.
Prof Rialet Pieters, 'n navorser by die Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur, is 'n ekotoksikoloog wie se belangstelling lê in…
Gandhi, Fleischack en hulle verbintenis met die Noordwes-Universiteit
Hy word as een van die grootste menseregtestryders en spirituele leiers van alle tyd vereer. Mahatma Gandhi, wat vreedsame weerstand bepleit het en burgerlike-ongehoorsaamheidsbetogings vir geslagte ná hom beïnvloed het, is ’n internasionale ikoon met ’n spesiale band met Potchefstroom, en indirek met die Noordwes-Universiteit (NWU).
…
Speltoetser om gratis afgelaai te word nou vir SA-tale beskikbaar
Die Speltoetsers vir Suid-Afrikaanse Tale (Spelling Checkers for South African Languages), ’n spel- en woordafbrekingtoetser-instrument vir tien van Suid-Afrika se amptelike tale, Engels uitgesluit, is nou beskikbaar om gratis van die webwerf van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Digitale Taalhulpbronne (SADiLAR) afgelaai te word.…
Dis moontlik om saans te kook omdat termiese energie gestoor kan word
’n Mens kan nou saans sonkragstowe gebruik om warm etes voor te berei, aangesien termiese energie in stelsels gestoor kan word. Sommige stelsels werk egter beter as ander, en daar is ruimte vir verbetering. So sê prof Ashmore Mawire van die navorsingsgroep vir sontermiese energie by die Noordwes-Universiteit (NWU).
Hy het onlangs ’n…