News

Studie ondersoek die gebruik van medisinale plante om kindersiektes te behandel

Dr Tshepiso Ndhlovu, ’n PhD-gegradueerde van die Noordwes-Universiteit (NWU), het belowende navorsing voltooi oor die gebruik van medisinale plante om kinders se siektes te behandel.

Siektes onder kinders lewer wêreldwyd ’n groot bydrae tot die sterftesyfer van kinders, en die hoë koste van konvensionele behandeling vererger die…

Sonteleskoop brei navorsingshorisonne oor sonfisika uit

Die sonteleskoop van die Sentrum vir Ruimtenavorsing wat op die dak van gebou G5 op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus geleë is, het die aandag van organisasies soos die BBC en Royal Astronomical Society getrek.

Dr Ruhann Steyn, senior lektor en hoofwetenskaplike wat by die projek betrokke is, het onlangs die…

Die gebruik van tegnologie om taalonderwysers vir die toekoms voor te berei

Terwyl debatte oor die gehalte van die opleiding van onderwysers voortwoed, is die Noordwes-Universiteit (NWU) besig om te soek na oplossings soos gemengde werklikheid, wat sal verseker dat goed voorbereide en doeltreffende onderwysers die land se klaskamers betree.

Die onlangse bevindings van die 2021-PIRLS-studie (Progress in…

Kollig val op die rol van ouers in die dissiplinering van leerders

Talle studies het ’n sterk korrelasie gevind tussen leerders se vlak van dissipline en hulle akademiese prestasie, met laasgenoemde wat verbeter namate die vlak van dissipline verbeter. Maar watter rol speel ouers in die dissiplinering van hulle kinders?

Dr Nicholas Mollo, senior dosent en subarealeier van Regsperspektiewe, Bestuur en…

Studente by ongemaklike gesprekke oor ras betrokke

Deur Sandile Mahlangu

Die Noordwes-Universiteit (NWU) vier jaarliks Facing Race Week gedurende die derde week van Julie.

Facing Race Week word gewoonlik gevier om te help om ’n leergeleentheid te skep en ’n bewustheid oor die diversiteit van die universiteit te bevorder, en oor hoe alle mense saam met…

Afname in belegging dui op groter risiko’s vir groeivooruitsig

Die Nedbank Capital Expenditure Project Listing, wat ’n dramatiese afname in vastebeleggingsaktiwiteite in die eerste helfte van 2023 toon, laat ’n sterk rooi lig oor toekomstige beleggings- en groeitendense in die Suid-Afrikaanse ekonomie flits.

Dit gebeur terwyl aanhoudende kragonderbrekings, stygende rentekoerse en kostedruk ’n…

Facing Race Week 2023: Fakulteit Gesondheidswetenskappe dink na oor hoe belangrik dit is om ’n mens se visie uit te bre

Die NWU se Fakulteit Gesondheidswetenskappe het onlangs onder leiding van prof Sanette Brits haar visie gedeel en ’n inspirerende Facing Race Week gehou. Dit is ’n spesiale inisiatief om ’n bewustheid van ras te kweek, inklusiwiteit te bevorder en diversiteit te vier. Hierdie week lange gebeurtenis wentel elke jaar rondom ’n sentrale tema, en…

Liezel voeg nuwe pyl by haar atletiek-koker

Daar was min twyfel dat sy dit sou kon doen. Skrap dit – minder as min, maar wel meer as geen. Liezel Gouws sê sy sou miskien nie tydens die verspringgeleentheid by die onlangse Wêreld Para-Atletiekkampioenskap in Parys, Frankryk op die podium geëindig het nie, maar ʼn topposisie was haar gewis beskore.

“Ek het onlangs met verspring…

Naiden Jaarts vlieg!

Dit was so hittete of sy sierlike duik het veroorsaak dat sy vlerke geknip word. Hy lag nou nog half skaam wanneer hy daaraan terugdink. Dit was Maandag 27 Februarie in Potchefstroom tydens die Varsitybeker. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het op die Fanie du Toit-sportterrein met Shimlas kragte gemeet, in wat uiteindelik op ʼn 63–16 drag…

NWU se Rugby-instituut bly ’n produksielyn vir die provinsies

Die Rugby-instituut van die Noordwes-Universiteit (NWU) het weer eens bewys dat hulle een van die land se vernaamste voorsieners van spelers is, met nie minder nie as ses spelers van die NWU Eagles-span wat die Varsitybeker gewen het wat nou provinsiale kontrakte losgeslaan het.

Hierdie spelers het ook hulle onderskeie akademiese grade…