Mensgerigte Stories

NWU-kundige: VN se Sekuriteitsraad deur interne magstryde lamgelê

Is dit moontlik dat die Verenigde Nasies se Sekuriteitsraad (UNSC) ’n sinnelose forum geraak het vir die bespreking van ernstige menseregtevergrype wat op verskeie plekke in die wêreld plaasvind?

Dit is die vraag wat dr Illyayambwa Mwanawina, ’n kundige in streeksintegrasie, internasionale reg, goeie regering en menseregte aan die Noordwes-…

NWU-kundiges sê onbuigsame aard van werkloosheid onder jeug dui op veelvlakkige probleem vir SA –

In Suid-Afrika soek meer as 5,7 miljoen burgers aktief na werk, en dit is die jeug (tussen die ouderdom van 15 en 24 jaar) wat die ergste deur hierdie sosio-ekonomiese uitdaging getref word.

Me Precious Mncayi en mnr Jacques de Jongh, albei kundiges binne die veld van die ekonomie by die Noordwes-Universiteit se kampus in Vanderbijlpark, is…

Sazini Mojapelo gaan leierskapinsig by die NWU-leierskapsberaad deel

Wanneer dit by besigheidstrategie en -ontwikkeling kom, het Sazini Mojapelo geen formele bekendstelling nodig nie. As uiters gesogte kundige in die vestiging, ontwikkeling en uitvoering van maatskaplike programme word Sazini, wat die groephoof van Africa Citizenship for Barclays Africa Group Limited is, wyd as ’n baanbreker in sosio-ekonomiese…

Kantoor vir studente met spesiale behoeftes baat by Fuchs-stigting

Die kantoor vir studente met spesiale behoeftes – of die OSSN soos dit onder die studente op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark bekend staan – het onlangs ’n R20 000-skenking van die Carl en Emily Fuchs-stigting ontvang.

Volgens dr Sydney Vos, OSSN-koördineerder, het die skenking dit moontlik gemaak om dienste wat…

Kampus bult sy spiere by USSA 2017

Dis is amptelik! Die Noordwes-Universiteit (NWU) is tweede in die land wanneer dit by liggaamsbou as mededingende sport kom.

Tydens die onlangse Universiteit Sport Suid-Afrika-kampioenskap (USSA-kampioenskap) wat in Durban gehou is, het die span van die kampus in Vanderbijlpark nie alleen die algehele vroueafdeling gewen nie, maar ook…

Regter Bess Nkabinde praat oor die veranderende gesig van leierskap

Daar is ’n verskil tussen die lei van verandering en die blote bestuur daarvan. Vra enige leier en hulle sal vir jou sê dat feitlik alle besighede – ongeag die sektor of die bedryf – fundamentele verandering in die gesig staar. Voeg hierby die huidige stand van die ekonomie en die sosio-politieke uitdagings waarmee leiers vandag te doen kry, en…

Geloof, talent en hope kreatiwiteit: ’n entrepreneur se reis

Gabi Hendrich (37), ’n grafiese en binnenshuise ontwerper en die eienaar van Living Stones Talent Factory, beskryf haar besluit om ’n entrepreneur te word as ’n geleidelike roeping van God waarop sy ja gesê het. Dit is die storie van haar reis tot dusver.

’n Paar maande voordat sy in 2003 haar graad gekry het, het Gabi in die…

Waarheen is die Suid-Afrikaanse ekonomie op pad?

Sonder ’n behoorlike begrip van ekonomiese konsepte word daar kleigetrap in die ingewikkelde landskap van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Só sê prof Danie Meyer, senior lektor in die Skool vir Ekonomiese Wetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark.

Volgens prof Meyer lyk dit of daar verwarring is ten opsigte van…

NWU-alumna gaan heel eerste Wetenskap agter Sportdag aanbied

“Sport het die mag om die wêreld te verander. Dit het die mag om te inspireer. Dit het die mag om mense op ’n manier te verenig soos min ander dinge kan doen. Dit praat ’n taal wat almal kan verstaan. Sport kan hoop skep waar daar net wanhoop was.”

Hierdie kragtige woorde deur wyle president Nelson Mandela is vandag steeds waar en vorm die…

NWU-kundige: Daar is verdienste in die idee om ’n nuwe klimaatsooreenkoms te versoek

Die VSA se president Donald Trump se onttrekking aan die Paryse Klimaatsooreenkoms vroeër hierdie maand is met wêreldwye ontsteltenis begroet. Trouens, die Verenigde Nasies (VN) sowel as voormalige president Barack Obama, het die besluit as ’n groot terugslag beskryf.

Volgens dr Ilyayambwa Mwanawina, ’n kundige in streeksintegrasie,…