Mensgerigte Stories

Oorbrug die digitale gaping een township op ’n keer

As die jongste HUB nóg van Projek Isizwe[HC1] , die innoverende niewinsgewende organisasie (NWO) agter Afrika se suksesvolste gratis Wi-Fi-netwerk, rig Dudu Mkhwanazi (26) haar visier daarop om die digitale gaping in Suid-Afrika te oorbrug. Meer nog, sy raai alle Suid-Afrikaners aan om na vore te kom en hulle deel te doen om internettoegang aan…

NWU en Go Purple Foundation bemagtig gemeenskap om kindermishandeling te voorkom

Die Kersseisoen is hier en waar party mense uitsien na verlof of ʼn rustiger tyd by die kantoor, is dit vir ander beroepe die besigste tyd van die jaar – veral vir maatskaplike werkers en lede van die SAPD.

Anneri du Plessis van die Go Purple Foundation, ʼn nie-regeringsorganisasie, en dr Elmien Truter, ʼn maatskaplike werker, dosent en…

Howzat! met KFC mini-krieket by NWU

ʼn Horde klein krieket-karnallies gewapen met kolwe, beenskutte en paaltjies het onlangs op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark toegesak om met hulle mini-krieketvernuf te spog. 

Meer as 20 skole van regoor Suid-Gauteng is deur mini-krieketspanne tussen die ouderdomme van ses en nege by die KFC Mini-Cricket Festival…

NWU samel 14 ton klere vir ’n goeie doel in

Op 9 Oktober het dit onder studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom gegons van opgewondenheid toe hulle kaalvoet op die kampus rondgeloop het om Kaalvoetdag te ondersteun.

Kaalvoetdag is ’n jaarlikse gebeurtenis waartydens studente hulle daaglikse aktiwiteite kaalvoet aanpak as simbool van empatie met mense…

NWU Vanderbijlpark se sokkerspelers domineer B-afdeling by USSA 2017

Die mans- en vrouesokkerspanne van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het die kampus se vaandel hoog gehou tydens die onlangse Universiteitsport Suid-Afrika-kampioenskappe (USSA-kampioenskappe) wat in Johannesburg gehou is.  

Albei spanne het in die B-afdeling deelgeneem en as die trotse afdelingwenners daar…

Chantel gaan by SA se studente-netbalgroep aansluit

Die netbalspan van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het dalk nie sukses by USSA (Universiteitsport Suid-Afrika) gesmaak nie, maar het steeds daarin geslaag om die nasionale keurders te beïndruk.

Tydens die USSA-toernooi wat in Potchefstroom plaasgevind het, het die span van Vanderbijlpark die Universiteit van die…

Alumni-kantoor gaan eerste Konvokasie-gespreksontbyt aanbied

Die term “alumni” verteenwoordig baie meer as ’n blote titel. Dit is nie net ’n deel van jou verlede nie, maar ook wie jy vandag is. Kortom: dit is ’n lewenslange verhouding met jou alma mater – en in jou geval, die Noordwes-Universiteit (NWU).

Wat ook al by die NWU gebeur, kan ’n invloed op jou kwalifikasie hê, en daarom is julle as alumni…

GKI-projek: maak jou hande vuil en laat jou hart vir die natuur klop

“As jy ’n tuin en ’n biblioteek het, het jy alles wat jy nodig het.” Hierdie woorde van die Romeinse politikus en prokureur, Marcus Tullius Cicero, het by ’n mens opgekom tydens die onlangse inwyding van die Groenkampusinisiatief (GKI) se mobiele groentetuinprojek op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark.

Studente van…

Alumni vorm vennootskap met Loopbaansentrum om studente te bemagtig

Vincent Kheswa, Charles Matubule, Keketso Mofokeng en Kagiso Mphachoe is nie net vier onverwante jong mans wat hulle stempel in die werksomgewing afdruk nie. As alumni van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark deel hulle ’n diepgewortelde passie vir hulle alma mater en die opkomende geslag leiers en presteerders.

Dié…

PMR-toekennings: ses in ’n ry vir NWU-Vanderbijlpark

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het onlangs nóg ’n Professional Management Review (PMR) Diamond Arrow-toekenning gewen. Dit is hierdie jaar die sesde agtereenvolgende toekenning wat die kampus ontvang.

Die toekenning is by die PMR-sakeontbyt oorhandig en belangrike besluitnemers, sakelui, lede van die regering,…