Wiskunde + wetenskap = GeeXpo-sukses

As jy steeds wonder oor die waarde van wiskunde en wetenskap, vra net vir William Cronje en Reinardt Atkinson om hulle toekomsvooruitsigte met jou te deel.

William, ’n graad 11-leerder van die Vereeniging Gimnasium, en Reinardt, ’n finalejaar-BSc IT-student, het onlangs tydens die jaarlikse Noordwes-Universiteit (NWU) GeeXpo-gebeurtenis hulle pad na sukses geprogrammeer en bereken.

Beide William en Reinardt het volle studiebeurse vir studies in rekenaar- en inligtingswetenskap aan die NWU ontvang – William vir sy voorgraadse studies in 2020 en Reinardt vir sy honneursgraad in 2019.

Die onlangse GeeXpo-gebeurtenis, wat die hoogtepunt op die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe se kalender is, het op inligtingstegnologie, wiskunde en statistiese wetenskappe gefokus en honderde leerders van regoor sentraal-Suid-Afrika gelok. Trouens, daar was hierdie jaar ’n rekordgetal deelnemers wat aan die Wiskunde-olimpiade en die PAT-kompetisie deelgeneem het.

Volgens Daleen Gerber, direkteur van die Skool vir Wiskunde en Toegepaste Wiskunde, is die waarde van die jaarlikse ekspo dat dit leerders in staat stel om die volle spektrum te ervaar van professionele geleenthede wat met wiskunde en rekenaarwetenskap verband hou.

Terselfdertyd is die ekspo ’n platform vanwaar akademiese onderskeiding gevier kan word. Laasgenoemde het betrekking op die wenners in die verskillende GeeXpo-kategorieë, naamlik: Robotika, soos aangebied deur Trophy Robotics, die Wiskunde-olimpiade, die kubersekuriteituitdaging (Cyber Security Challenge), die Britehouse-kompetisie en die gewilde PAT-uitdaging.

Die kubersekuriteituitdaging (Cyber Security Challenge) en die Britehouse-kompetisie is vir finalejaar-IT-studente aan die Noordwes-Universiteit.

Die volgende leerders en skole het op hierdie dag pryse ontvang:

Robotika-kompetisie – soos deur Trophy Robotics aangebied

  • Eerste: Sergio de Abreu en Dylan King (Hoërskool Alberton)
  • Tweede: Ulrich van der Merwe en Danae van der Merwe (Hoërskool Brandwag)

Wiskunde-olimpiade

Graad 12

Eerste

Sean Groenewald

Hoërskool Randburg

Tweede

Graham van den Berg

Sasol High School

Derde

Marelize Roux

Hoërskool Transvalia

Graad 11

Eerste

Avian du Plessis

Hoërskool Randburg

Tweede

Shankar Palamootil

Hoërskool Alberton

Derde

Lufuno Raliphada

Shandringham High School

Graad 10

Eerste

Kari Burger

Hoërskool Randburg

Tweede

Ilke Botes

Hoërskool Transvalia

Derde

Pieter-Jan Bosman

Hoërskool Randburg


Graad 9

Eerste

Zainaaz Hansa

Willowmoore High School

Tweede

Ruan Engelbrecht

Hoërskool Transvalia

Derde

Eduard Verschuur

Hoërskool Transvalia


Graad 8

Eerste

Ruan Kotze

Hoërskool Transvalia

Tweede

Massinissa Ferka

Hoërskool Alberton

Derde

Zayanah Laher

Willowmoore High School

 

Cyber Security Challenge

  • Cybertronix: Deon Pieterse, Natassja Hefer, Brandon Lubbe en Leonard Wassenaar

Britehouse-kompetisie

  • Eerste: Reinardt Atkinson (beurswenner)
  • Tweede: Deon Pieterse
  • Derde: Phumudzo Muvhango

PAT-kompetisie

Graad 10

Eerste

Pieter-Jan Bosman

Hoërskool Randburg

Tweede

Janu Fouché

Potchefstroom Volkskool

Derde

Ulrich van der Merwe

Hoërskool Brandwag

Graad 11

Eerste

William Cronjé (beurswenner)

Vereeniging Gimnasium

Tweede

George Roodt

Hoërskool Driehoek

Derde

Cameron Eales

Hoërskool Jeugland

Graad 12

Eerste

Jarred Roodt

Hoërskool Monument

Tweede

Cameron de Bastos

Hoërskool Driehoek

Derde

Andrew le Roux

Potchefstroom Gimnasium

 

Die organiseerders van die gebeurtenis wil die volgende borge en vennote bedank wat tot die sukses van die geleentheid bygedra het: Sharp, Van Schaik Boekhandel, Britehouse, Binary Space, CASIO, Fourier, NWU-bestuurders en personeel.

Sune van der Linde (NWU) en William Cronje.

JT Janse van Rensburg (NWU) en Reinardt Atkinson.

Submitted on Thu, 11/08/2018 - 12:33