Natuur- en Landbouwetenskappe Nuus

Tegnologie-ondersteunde leer bevoordeel studente sowel as instelling

Navorsers in die nuwe navorsingsfokusarea van die Noordwes-Universiteit (NWU), TELIT-SA, is hard aan die werk om nie net die entiteit te vestig nie, maar ook om sy reikwydte en impak uit te brei. TELIT-SA fokus op die teorie en praktyk van leertegnologieë regoor die reeks dissiplines in hoër onderwys. Kortom: ’n toegewyde fokus op die praktyk…

Robofest 2017: NWU-kampus haal robotika uit die wetenskapklas uit

Die opwinding wat met die Suid-Afrikaanse weergawe van Robofest 2017 gepaard gegaan het, voorspel 'n skouspelagtige internasionale kampioenskap in Junie. Op Saterdag, 4 Maart 2017, het die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) in samewerking met Trophy Robotics die 2017 Kampioenskappe van die Suid-Afrikaanse Nasionale Robofest…

BABEL-projek wen ’n wêreldwye uitdaging

Die Noordwes-Universiteit se navorsers was deel van ’n internasionale konsortium wat ’n hoëprofiel-spraaktranskripsie-uitdaging gewen het – ’n eerste vir Suid-Afrikaanse navorsers op hierdie gebied.

Die huidige spraaktranskripsiestelsels is gebou op tegnologie wat oorspronklik vir Engels en ’n klein groepie wêreldtale ontwikkel is, met…

NWU Vaal se BTMG – ’n vergelyking wat sin maak!

Dit is hierdie jaar die vierde jaar wat die baie geslaagde leerprogram, Oorbrug die Wiskunde-gaping, aangebied word. Dit word deur die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie aan die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit aangebied.

Die program haal beslis die byt uit wiskunde uit, en bied aan leerders die…

Oorbrug die Wiskundegaping – ’n tweede kans op sukses vir matrikulante

Vier jaar sedert die bekendstelling van die Oorbrug die Wiskundegaping- (BTMG-) leerprogram aan die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlparkkampus het talle leerders nie net hulle vrees vir wiskunde verloor nie, maar is ook florerende studente wat hulle universiteitstudies in die veld van BCom en BSc volg.

Talle van hierdie leerders het van…