Ingenieurswese Nuus

Studie oor grootskaalse potensiaal om hernubare waterstof te stoor

Navorsing wat tans by die Noordwes-Universiteit (NWU) uitgevoer word oor nuwe en beter maniere om waterstof te stoor, kan daartoe lei dat kragfluktuasies wat soms met hernubare energiebronne geassosieer word iets van die verlede word.   Die HySA-bevoegdheidsentrum by die NWU verduidelik die stoorprobleem soos volg: Elektriese energie wat uit…

Nuwe vennootskap sal vir chemiese ingenieurs groot voordele inhou

Die Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese by die Noordwes-Universiteit het ’n vennootskap met ’n sagtewaremaatskappy gesluit wat hulle aan die voorpunt van ontwikkeling sal plaas.

Die vennootskap met METSIM, die voorste modelleringsagtewaremaatskappy, sal die ontwerp van nuwe…

Diepleerstudente skitter by die NWU-gradeplegtigheid

Die Fakulteit Ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is met reg trots op die sukses van sy nuwe groep nagraadse studente in die MuST-navorsingsnisarea (Meertalige Spraaktegnologie-navorsingsnisarea).

Al sewe meestersgraadstudente wat by MuST se 2019/2020-diepleerprogram…

Daar is meer aan wind- en sonkrag as elektrisiteit

Hernubare energiebronne soos son en wind het in die afgelope dekade groot veld gewen om “groen” energie aan die land se kragnetwerk te verskaf. Om selfonderhoudend te wees met die gebruik van hernubare elektrisiteit, is metodes nodig om energie te stoor, aangesien son- en windkrag natuurlikerwys fluktueer en nie konstante bronne van energie is…

NWU se vennootkonsortium stel ’n ventilatorontwerpkompetisie vir studente bekend

Vir talle Covid-19-pasiënte wat asemhalingsprobleme ervaar, is die verskil tussen lewe en dood toegang tot ventilators wat werk. Tydens die Covid-19-pandemie het nuusberigte dikwels die tekort aan hierdie lewensnoodsaaklike toerusting en hulle verwante dienste beklemtoon – nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd. Dit is steeds ’n kwessie wat…

NWU se McTronX: aan die voorfront van dinamiese modellering en beheer van grootskaalse industriële stelsels

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se McTronX-navorsingsgroep is sedert 2003 op die voorpunt van navorsing in Suid-Afrika oor dinamiese modellering en beheer van grootskaalse industriële stelsels. Die groep, wat deur prof George van Schoor gelei word, is multidissiplinêr en bestaan uit vier voltydse personeellede. Hierdie personeellede sluit in…

NWU beloon buitengewone dosente

​Die Noordwes-Universiteit (NWU) het tydens ’n virtuele geleentheid die bydraes van sy fakkeldraers van onderriguitnemendheid gevier. Tydens die jaarlikse seremonie vir die toekenning vir onderriguitnemendheid (TOU), wat op 25 Maart aanlyn plaasgevind het, het die allerbeste dosente van 2020 erkenning vir hulle werk ontvang nadat hulle onderrig…

NWU-kompetisie ontdek en ontwikkel die volgende geslag vroue-ingenieurs

Is jy ’n hoërskoolmeisie wat na die wêreld om jou kyk en maniere uitdink waarop jy dit beter kan maak? Jy kan deel wees van die volgende geslag vroue-ingenieurs wat met vars, innoverende idees ’n groot impak kan maak, nie net op Suid-Afrika en Afrika nie, maar ook in die wêreld!

Jy…

Whisper se PhD-navorsing kan die Suid-Afrikaanse bedryf help om digitale transformasie te omarm

Net soos kantore, winkels, klaskamers en lesingsale digitale transformasie en die Vierde Industriële Revolusie omarm, moet die vervaardigingsbedryf dit ook doen. Dit staan as Industrie 4.0 of I4.0 bekend, en die transformasie is noodsaaklik vir die volhoubaarheid van plaaslike vervaardiging. Dit het ’n PhD-student in Ingenieurswese aan die…

Haar loopbaan as ingenieur vorder met rasse skrede

“As die droom groot genoeg is, is dit nie die feite wat saak maak nie,” sê Alicia Celliers, ’n alumna van die Fakulteit Ingenieurswese by die Noordwes-Universiteit (NWU).

Alicia het van…