Gemeenskapsnuus

Baan die weg vir vroue-entrepreneurs

Geleenthede moet sonder vooroordeel wees. Daar is ’n tekort aan vroulike entrepreneurs in die land, en die Noordwes-Universiteit (NWU) hanteer hierdie probleem deur die Ondernemende Vroue-program (EWP).

Daar is talle slaggate en struikelblokke vir vroue wat hulle eie besigheid wil begin, en ’n gelyke speelveld is noodsaaklik as dit by die…

Hoe aanpasbaar is SA se vroulike entrepreneurs?

Suid-Afrikaanse beleidmakers en navorsers stem saam: ’n florerende klein-, medium- en mikro-ondernemingsektor (KMMO-sektor) is die sleutel tot werkskepping, ekonomiese volhoubaarheid en uiteindelik positiewe groei. Met die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) wat voorspel dat KMMO's teen 2030 90% van die beoogde 11 miljoen nuwe poste sal genereer,…

NWU AVK moedig die viering van vroue aan

Ter viering van Vrouemaand, deel prof Linda du Plessis, die Noordwes-Universiteit (NWU) se adjunk-visekanselier vir kampusbedrywighede in Vanderbijlpark, die volgende boodskappe met Suid-Afrikaanse vroue – jonk en oud:

Corazon Aquino is in 1933 in die Filippyne gebore. Sy was met senator Benigno Aquino getroud wat in die vroeë 1980’s deur ʼn…

Internasionale navorsers werk saam om werkloosheid te verstaan

“Geen werk. Geen kos. Help asb.” Hierdie woorde op saamgeflansde kartonkennisgewings kan op enige gegewe dag op elke straathoek in Suid-Afrika gesien word. Met ’n werkloosheidskoers van 26,7% in die eerste kwartaal van 2018 is dit geen verrassing dat Suid-Afrika een van die 20 lande met die hoogste werkloosheidsyfers ter wêreld is nie.

En…

Aksiegebaseerde navorsing lei tot positiewe omgewingsverandering

Klimaatsverandering is nie iets wat ver weg, in ander streke en met ander mense gebeur nie – dit is ’n verskynsel wat ’n impak op almal, oral het. Dit is ’n les waaraan graad 7-leerders blootgestel word deur middel van ’n navorsingsprojek waarby navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark betrokke is.

Hierdie…

NWU Vanderbijlpark presteer goed in Peregrine-liga

Daar word gesê dat sweet plus opoffering gelyk is aan sukses. Wanneer ’n mens na die telkaart van die afgelope naweek kyk, lyk dit asof die rugbyspanne van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark daarmee saamstem.

Die kampus het die geskiedenisboeke herskryf toe hulle hul aartsvyande, Brakpan, in die Valke se Peregrine-…

NWU Vanderbijlpark spog met nuwe Alumni-advieskomitee

Ses jaar ná die stigting van die heel eerste alumni-advieskomitee op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark laat die komitee steeds sy teenwoordigheid geld.

Die komitee verteenwoordig die kampus se sterk en lewendige alumnigroep, wat regoor die wêreld versprei is. Daardie alumnilede vervul belangrike korporatiewe,…

Jong beginners gaan by entrepreneursikoon leer

As jy ’n beginner-entrepreneur is of dit oorweeg om ’n entrepreneursonderneming te begin, omkring 9 Mei 2018 op jou dagboek met jou rooi pen.

Op hierdie dag gaan die Noordwes-Universiteit (NWU) se bhive Ondernemingsontwikkelingsentrum (EDC) ’n werkswinkel en netwerksessie met die baanbreker-entrepreneur Ipeleng Nonkululeko Mkhari as…

Jaarlikse galafunksie vier die STR-klas van 2018

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het onlangs die rooi tapyt uitgerol om die uitmuntende prestasie van sy STR-rekeningkundestudente te vier.

Hierdie studente, wat almal met die kurrikulum vir die Sertifikaat in Teorie van Rekeningkunde (’n honneursprogram) besig is, berei voor vir toelating tot die 2019 SAIGR (Suid-…

Alumnus beywer hom vir geslagsgelykheid

“Suid-Afrika se sukses – as nierassige, nieseksistiese, vooruitstrewende en verenigde land – kan slegs aan die lewensgehalte van sy vroue gemeet word.”

Só sê Vincent Kheswa, ’n alumnus van die Noordwes-Universiteit (NWU) en skrywer van die boek Is South Africa Ready For a Female President? History of African Female Leaders. Die boek is op…