Gemeenskapsnuus

Verandering noodsaak innovasie en groei – prof Linda du Plessis

Radikale verandering is aan die orde van die dag.

So het prof Linda du Plessis, adjunk-visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU) verantwoordelik vir institusionele beplanning en Vanderbijlparkkampusbedrywighede, tydens die onlangse NWU Leierskapsberaad in Johannesburg gesê.

As een van die hoofsprekers het sy die…

NWU-parasitoloog vir navorsingsuitnemendheid vereer

Edward Netherlands is ’n inspirerende navorser wat voortdurend die grense van bestaande wetenskaplike kennis uitdaag. Daardeur baan hy dapper nuwe weë vir toekomstige geslagte navorsers om na te volg.

Tydens die jaarlikse Nasionale Navorsingstigting (NNS) se toekennings vir uitnemendheid het Edward die gesogte toekenning vir…

Die kampus se kolfblad is voorberei vir die jaarlikse KFC Minikrieketfees

Moenie dat die naam jou mislei nie. Minikrieket is ernstige sake – vra maar vir enigeen van die meer as 500 jongelinge (wat 18 skole in Gauteng verteenwoordig) wat deelneem aan die jaarlikse Minikrieketfees wat deur die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark aangebied word.

Die 2018-weergawe van die geleentheid vind op 15…

Fakulteit neem die voortou om jong vroulike studente te bemagtig

Wyle Kofi Annan het gesê dat die bemagtiging van vroue die doeltreffendste instrument is om enige nasie te ontwikkel. Met hierdie stelling in gedagte is die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Opvoedkunde in Vanderbijlpark hard aan die werk om te verseker dat geen jong dame klasse moet misloop omdat sy haar maandstonde het en nie sanitêre…

NWU vroueregslui sluit by nasionale netwerk van vroueprokureurs aan

Op 12 September 2018 het voorgraadse vroulike regstudente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark die geleentheid gekry om meer oor WOLELA – Women Leading in Law, ’n nasionale netwerk van vroueprokureurs – uit te vind.

By die geleentheid, wat deur twee derdejaarregstudente – Dimpho Nkoe en Kegomoditswe Mokone –…

ICSS 2018: bevorder inter- en multidissiplinêre studies oor sosiale wetenskappe

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het saam met die Sosiale Wetenskappe Navorsingsvereniging in Turkye onlangs die 9de internasionale konferensie oor sosiale wetenskappe aangebied.

Die konferensie het in George in die prentjiemooi Wes-Kaap plaasgevind en afgevaardigdes van regoor Suid-Afrika…

SEW2018 plaas studente-entrepreneurskap op die voorgrond

Vir die tweede agtereenvolgende jaar het die Noordwes-Universiteit (NWU) – in samewerking met die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) – ’n baie geslaagde entrepreneurskapweek vir studente aangebied.

Die inisiatief vir die Studente-entrepreneurskapweek (SEW) het in 2017 tot stand gekom en verteenwoordig ’n nasionale veldtog vir…

NWU-gemeenskap ondersteun KANSA Relay for Life

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark en die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) het ’n belangrike mylpaal gevier deur die naweek van 15-16 September 2018 hande te vat en saam die sesde jaarlikse Vanderbijlparkstreek se KANSA Relay for Life aan te bied.

Daar was weer ’n keer deelnemers en ondersteuners van regoor…

NWU stel vernuwende literatuurprojek vir visueelgestremde persone bekend

Die vakgroep Skryfkuns van die Noordwes-Universiteit (NWU) het saam met die Pionierskool vir Siggestremdes in Worcester ʼn Byderhandprojek aangepak. Dié projek is op 30 Augustus 2018 luisterryk bekendgestel met die opening van die multisensoriese tuin by die Pionierskool.

Byderhand, ʼn interdissiplinêre kreatiewe en navorsingprojek, bied…

Nuut verkose Vanderbijlpark-Kampusstudenteraad tree in diens

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark spog met ‘n nuut verkose groep studenteleiers.

Tydens ‘n onlangse gelukwensingsplegtigheid het lede van die kampusbestuur die geleentheid gehad om die nuwe lede van die Kampusstudenteraad (KSR) ‘n handdruk te gee en hul beter te leer ken.

In sy gelukwensingstoespraak het…