Baan die weg vir vroue-entrepreneurs

Geleenthede moet sonder vooroordeel wees. Daar is ’n tekort aan vroulike entrepreneurs in die land, en die Noordwes-Universiteit (NWU) hanteer hierdie probleem deur die Ondernemende Vroue-program (EWP).

Daar is talle slaggate en struikelblokke vir vroue wat hulle eie besigheid wil begin, en ’n gelyke speelveld is noodsaaklik as dit by die eienaars van klein ondernemings kom.

Hierdie jaar baan meer as 30 vroue die weg vir ’n meer welvarende toekoms deur aan die EWP deel te neem.

Tydens die verloop van die program ontvang deelnemers opleiding en leiding op die volgende gebiede: generering van idees, konsepontwikkeling, generering van sakemodelle, besigheidsregistrasie en organisasievoldoening, marknavorsing, prysbepaling, handelsmerkontwikkeling, bemarking, aanbodketting, finansiering en besigheidstrategie.

Benewens die verskillende leerareas, word deelnemers ook individueel deur gesoute entrepreneurs en vakkundiges gementor.

Volgens Johan Landsberg, bestuurder van Besigheids- en Bestuurswetenskappe se Onderneming- en Ontwikkelingsentrum, fokus die program op vroue-entrepreneurs uit die omliggende gemeenskap in Vanderbijlpark wat in die vroeë fases van die begin van ’n besigheid is. Die program duur agt maande en klasse word elke tweede week aangebied.

Die program was ’n geweldige sukses vir talle vroulike entrepreneurs wat nou toegerus is met die gereedskap om hulle toekoms te verbeter.

 

Submitted on Fri, 08/31/2018 - 09:34