Gemeenskapsnuus

Slimfoonspeletjie-slimjan verwerf doktorsgraad

So jy dink jou soete Candy Crush-oorwinnings maak van jou ʼn slimfoon-slimjan? Dink weer. Tydens die herfsgradeplegtighede van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het ʼn 26-jarige pas sy PhD in selfoonspeletjies verwerf!

Dylan Price speel vir solank as wat hy kan onthou al videospeletjies – van die dag wat hy sy eerste…

Prof sit sy Oxford-navorsing voort

’n Medeprofessor in die Fakulteit Teologie aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs van die Oxford Instituut vir Bevolkingsveroudering teruggekeer, waar hy drie maande lank navorsing gedoen het.

Prof Vhumani Magezi was ’n akademiese besoeker aan die instelling om sy navorsingsagenda binne een van die instelling se navorsingsprogramme…

NWU ontgin nuwe hoop in Wes-Kaap se Delft-omgewing

’n Buitegewone navorser aan die Noordwes-Universiteit (NWU), dr Izanette van Schalkwyk, is die afgelope paar jaar besig om deur middel van verskeie navorsingsprojekte die lewens van inwoners van die geweldgeteisterde Delft-omgewing in die Wes-Kaap handomkeer te verander.

Dr Van Schalkwyk werk in die Sentrum vir Kinder-, Jeug- en…

SOWASK vier Internasionale Maatskaplike Werk-dag

“Ons koester menseverhoudinge en bevorder Ubuntu en diversiteit op en om ons kampus.”

Dit is hoe Tracy Mkanazi, junior dosent in maatskaplike werk en voog van die Maatskaplike Werk Studentevereniging (SOWASK) op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark, dit waarvoor SOWASK staan beskryf.

SOWASK het onlangs ter…

Bemagtig die onderwysers van môre

Daar is drie soorte onderwysers: die onderwyser wat dinge laat gebeur, die een wat kyk hoe ander dinge laat gebeur, en dié een wat wonder wat gebeur het!

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se onderwysers van die toekoms – wat opgelei word om dinge te laat gebeur – het onlangs ʼn seminaar oor onderwysaangeleenthede aangebied, en hul…

Alumna skitter op die nasionale musiekverhoog

Met haar strelende stem, skitterpersoonlikheid en flair vir vermaak, is Verona Goslett spoedig besig om ʼn huishoudelike naam in Suid-Afrika te word.

Hierdie talentvolle jong alumna van die Noordwes-Universiteit (NWU) is tans besig om die nasionale musiekfront op horings te neem as ondermeer deelnemer aan The Voice SA (M-Net, seisoen 3) en…

NWU se voetspoor brei uit na Maleisië

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het onlangs die eerste internasionale konferensie oor Bestuur- en Ontwikkelingsekonomie, in samewerking met die Universiteit van Kuala Lumpur (UniKL), aangebied.

Die konferensie, wat in Suid-Oos Asië op die eiland van Langkawi plaasgevind het, het deelnemers…

IP Forum bring hoop met skryfbehoefte projek

Skoolbenodigdhede soos skryfbehoeftes is nie goedkoop nie. Vra enige ouer, veral diegene in die laer inkomstegroepe: dit kan ʼn moeilike en stresvolle taak wees. Hierdie stres word egter as soveel erger ervaar deur die leerders wat gevolglik sonder hierdie noodsaaklike items moet klaarkom.

Met hierdie realiteit in gedagte, het ʼn groep studente…

NWU ekonoom – die problematiese tendens van ekonokrasie

Sien jy sake wat op die land se ekonomie betrekking het as irrelevant vir die publiek? Voel jy die ekonomie moet eerder slegs in die hande van opgeleide ekonome gelaat word? Indien dit jou beskryf, ervaar jy die negatiewe impak van ekonokrasie.

Ekonokrasie sal op die uiteinde tot die val van die Suid-Afrikaanse ekonomie lei. Só meen…

Alternatiewe ontwikkelingsindeks bied waardevolle industrie-instrument

Teen die agtergrond van die toenemende belangrikheid van ekonomiese streeksontwikkeling wanneer dit by wêreldgroei kom, maak kenners van die Noordwes-Universiteit (NWU) ‘n merkwaardige bydrae deur die bekendstelling en suksesvolle toepassing van ʼn innoverende multidimensionele ekonomiese streeksontwikkelingsindeks (MREDI).

Anders as bestaande…