Alternatiewe ontwikkelingsindeks bied waardevolle industrie-instrument

Teen die agtergrond van die toenemende belangrikheid van ekonomiese streeksontwikkeling wanneer dit by wêreldgroei kom, maak kenners van die Noordwes-Universiteit (NWU) ‘n merkwaardige bydrae deur die bekendstelling en suksesvolle toepassing van ʼn innoverende multidimensionele ekonomiese streeksontwikkelingsindeks (MREDI).

Anders as bestaande indekse, wat van enkel en beperkte saamgestelde aanwysers gebruik maak – soos die Human Development Index (HDI) – reken die MREDI ʼn verskeidenheid sosio-ekonomiese veranderlikes in.

Volgens prof Danie Meyer en mnr Jacques de Jongh, navorsers van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe op die kampus in Vanderbijlpark, bied die MREDI ʼn innoverende aanslag tot die moeilike proses van die kwantifisering van ekonomiese ontwikkeling. Deur middel van die MREDI kan ontwikkelingspraktisyns nou die impak van 18 kwantifiseerbare sosio-ekonomiese veranderlikes, wat uit vier sub-dimensies saamgestel is, meet.

Dit impliseer dat hierdie alternatiewe indeks nou as ʼn instrument vir analise en bepaling van wêreldwye globale streekspogings, sowel as die vergelyking van verskillende ekonomiese streke vis-à-vis hulle vlak van ekonomiese ontwikkeling, bied.

Navorsing in aksie

In die toepassing van die indeks, het die twee navorsers die ekonomiese groei in al nege provinsies in Suid-Afrika met mekaar vergelyk. Die bevindinge het daarop gedui dat verskillende streke hulself op verskillende stadia van ontwikkeling bevind en dat die pas waarteen ontwikkeling plaasvind van streek tot streek, verskil. Die studie het ekonomiese ontwikkelingspraktisyns van gedetailleerde inligting oor die sosio-ekonomiese sterk-en swakpunte van die onderskeie provinsies voorsien en sodoende areas van intervensie vergemaklik.

Prof Meyer en mnr De Jongh het onlangs die indeks in die metropolitaanse streke in Suid-Afrika aangewend in ʼn poging om die multidimensionele ontwikkeling in hierdie streke tussen 1997 en 2017.

Volgens prof Meyer is daar ʼn toenemende globale bewustheid van streeksontwikkeling as ʼn vooraanstaande drywer van nasionale en internasionale groei. “Ons leef in ʼn wêreld van globalisering waarin lande en hulle staatsbeheerde ondernemings in ʼn konstante stryd is om hulle nasionale en plaaslike identiteite te behou,” sê hy.

 Hy verduidelik dat groeiende internasionale samewerking, handel en die val van sommige geografiese grense ʼn verskeidenheid van implikasies vir lande en hulle ontwikkeling inhou. Dit is veral waar vir lande in die vroeë en middelste fases van ekonomiese en sosiale ekonomiese vordering, soos Suid-Afrika. Implikasies waarna verwys word sluit voortdurend veranderende ekonomiese strukture en die konsentrasie van hulpbronne in spesifieke areas, in. Die laasgenoemde het vele gemeenskappe toenemend kwesbaar vir ekonomiese marginalisering gelaat.

Om SA se agt metropole te meet en te assesseer

In hoofsaak, is die doel van prof Meyer en mnr De Jongh se studie rondom die meting en assessering van vordering wat betref streeksontwikkeling in die agt metropolitaanse streke in Suid-Afrika, om die impak van die land se demokratiese transformasie te bepaal.

Mnr De Jongh verduidelik dat die metropole ʼn merkwaardige bydrae tot Suid-Afrika se unieke pad van verstedeliking en ontwikkeling, lewer. “Terwyl metropolitaanse areas oor die algemeen ʼn enorme rol in die sosiale transformasie speel, het die ontwikkeling van Suid-Afrika se metropole ietwat van ʼn ingewikkelde geskiedenis te danke aan ʼn komplekse politieke, institusionele en geografiese agtergrond,” verduidelik hy.

Dit is egter ook so dat die verskillende metropole ʼn unieke en veelsydige raamwerk het – wat toegelaat het vir ‘n omvattende toetsing van die MREDI.

Die bevindinge van die projek dui daarop dat die meeste metropole ʼn merkwaardige verbetering toon wat sosiale onwikkeling aanbetref terwyl die meeste streke verswak het in terme van ekonomiese- en arbeidsub-indekse. In die rangorde van die metropole staan die Tshwane metropolitaanse munisipaliteit (TSH) eerste wat ontwikkeling aanbetref, gevolg deur die Johannesburg metropolitaanse munisipaliteit (JHB) en die Kaapstad metropolitaanse munisipaliteit (CPT) in die derde plek.

 

Prof Danie Meyer en mnr Jacques de Jongh.

Submitted on Wed, 03/27/2019 - 12:56