Bemagtig die onderwysers van môre

Daar is drie soorte onderwysers: die onderwyser wat dinge laat gebeur, die een wat kyk hoe ander dinge laat gebeur, en dié een wat wonder wat gebeur het!

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se onderwysers van die toekoms – wat opgelei word om dinge te laat gebeur – het onlangs ʼn seminaar oor onderwysaangeleenthede aangebied, en hul studenteraad weer bekendgestel.

Tydens die seminaar was die NWU gasheer vir verskeie rolspelers in die onderwys, elkeen met ʼn boodskap van bemagtiging en onderskraging vir hierdie studente van die Fakulteit Opvoedkunde.

Vierdejaar-BEd-student Sifiso Nhlapo het as seremoniemeester deelnemers deur die program geneem. Die geleentheid het afgeskop met Siphiwe Mbokane, onderwyskonvenor vir die suidwesstreek van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie.

Siphiwe het die unie as vennoot van die Departement van Basiese Onderwys bekendgestel, veral wat betref hul missie om kwaliteitonderrig aan almal beskikbaar te stel.

Hy het die studente aangemoedig om onderwysers te word wat ʼn veilige klasomgewing skep deur die leerders by die opstel van klasreëls te betrek en deur by verskillende aktiwiteite betrokke te raak in ʼn poging om die kwessies wat kinders in die gesig staar, waarlik te verstaan.

Emma Welcome van die Gauteng Departement vir Basiese Onderwys (DBO) het die geleentheid gebruik om bevordering en vooruitgang sowel as die implementering van veelvuldige onderriggeleenthede vir Nasionale Senior Sertifikaatkandidate te bespreek. Sy is bekend vir haar werk wat kurrikulum- en assesseringsbeleide betref. Sy

Die studente het ook die geleentheid gehad om te luister na ander verteenwoordigers van die DBO, en het die strelende note van sanger Inge Kuhn sowel as ʼn motiveringspraatjie deur alumnus Jerry Bangude geniet. Die dag is afgesluit met ʼn spanbousessie van interaktiewe drommespel deur die bekende Drum Café.

 

 Emma Welcome van die Gautengse Departement vir Basiese Onderwys spreek studente van die NWU se Fakulteit Opvoedkunde toe.

 

 

Submitted on Mon, 04/08/2019 - 15:03