QS World University Rankings bevestig dat die NWU onder die bestes tel

Die jongste Quacquarelli Symonds-ranglys (QS-ranglys) plaas die Noordwes-Universiteit (NWU) onder die top-agt Suid-Afrikaanse universiteite op die QS World University Rankings, wat op 8 Junie vrygestel is.

Die NWU is wêreldwyd op die ranglyskategorie van 1 001 tot 1 200 vir die 2022/2023 QS World University Rankings geplaas – dieselfde as verlede jaar. Die NWU se prestasie was vir die afgelope vier jaar konstant in hierdie kategorie van die ranglys.

Die gradering deur die Londen-gebaseerde QS was die negentiende weergawe en sluit 1 500 instellings van regoor die wêreld in. Hulle kyk na opnameresponse en harde data om ’n finale telling vir elke universiteit te bereken.

QS het dit hierdie jaar gedoen deur agt aanwysers te gebruik: akademiese reputasie (40%); werkgewerreputasie (10%); student-tot-fakulteit-verhouding (20%); aanhalings per fakulteit (20%), internasionale fakulteitsverhouding (5%), internasionale studenteverhouding (5%), internasionale navorsingsnetwerk en indiensnemingsuitkomste. Die laaste twee aanwysers dra geen gewig nie en beïnvloed nie die oorkoepelende gradering van ’n universiteit vir hierdie jaar nie. Volgens QS sal dit eers volgende jaar volledig by die gradering ingesluit word.

Vir meer inligting, besoek: North-West University : Rankings, Fees & Courses Details | Top Universities

Submitted on Thu, 07/14/2022 - 09:06