Vanderbijlparkkampus-nuus

Rusland se inval in Oekraïne: wat beteken dit vir Suid-Afrikaanse verbruikers?

Rusland se inval van Oekraïne het skokgolwe regoor die wêreld gestuur en beduidende onsekerheid in wêreldmarkte veroorsaak.

Hoewel ons geografies ver van hierdie strydende lande is, beteken die moderne era van globalisering en sterk integrasie van markte deur handel en finansiële vloei dat Suid-Afrikaners moontlik die uitwerking daarvan aan hulle beursies sal voel.  

Die media en nuusagentskappe het sedert die begin van die inval baie gespekuleer om te probeer vasstel watter potensiële uitwerking dit op plaaslike ekonomiese toestande kan hê. Sommige ontleders waarsku dat ’n… Read more

Openbare lesing rig ʼn versoek vir Afrikanisering eerder as dekolonisasie

“Universiteite is omskep in “kinders van die dekolonisasiestryd”. So het prof Sabelo Ndlovu-Gatsheni geargumenteer tydens ‘n onlangse openbare lesing op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark.

Hierdie lesing was deel van ʼn reeks gesprekke in die soeke na die dekolonisering van die kurrikulum.

Prof Ndlovu-…

GeeXpo 2019: gee wiskunde, wetenskap en IT ’n kans

Die aftelling na die Noordwes-Universiteit (NWU) se GeeXpo het begin, en skole regoor sentraal-Suid-Afrika word genooi om aan die jaarlikse ekspo vir wiskunde, wetenskap en inligtingstegnologie deel te neem.

Hierdie jaar se GeeXpo word vir die sewende agtereenvolgende jaar deur die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe op die NWU se…

Toppresteerdertrio deur internasionale vereniging vereer

Drie studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het onlangs die verhoog betree as Taktoekenningswenners van die toonaangewende Golden Key Internasionale Erevereniging.

Ammaarah Abba, Tendai Mavhungu en Salome Mofokeng se individuele akademiese prestasies, werksverantwoordelikhede, buitemuurse aktiwiteite,…

Nagraadse studente loer agter die skerms van toegepaste mikro-ekonomie

Jy kan nie tydens ’n akademiese lesing leer hoe om fiets te ry nie, dus is daar altyd ’n behoefte aan praktiese sowel as professionele ervaring.

Só sê Jacques de Jongh, ’n lektor in die Skool vir Ekonomiese Wetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark.

Jacques is van mening dat akademiese leer saam…

POCA is nie genoeg om bendegeweld hok te slaan nie

Daar moet meer gedoen word om die invloed van bendeaktiwiteite teen te werk, aangesien wetgewing teen bendes nie die mas opkom nie.

Volgens dr Delano van der Linde van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Regte, is wetgewing soos die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (POCA) nie in staat om die manier waarop bendes…

Wêreld loof NWU-student vir voedselsekerheidsoplossing

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het dit weer gedoen! Tydens die wêrelduitstalling vir insentiefreise (World Exhibition for Incentive Travel, IMEX) is die NWU se toewyding tot navorsingsuitnemendheid en maatskaplike geregtigheid herbevestig toe Emilé Coetzee as die wenner van die 2019 Toekomstigeleiers-forum gekroon is.

Emilé – ’n…

NWU se Marga reg om internasionaal te presteer

Marga Cummings, ‘n student van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark, het haar oog op internasionale sukses.

As een van Suid-Afrika se top gekeurde hammergooi-atlete, sal sy eersdaags die geleentheid hê om teen atlete van regoor die wêreld mee te ding wanneer sy Suid-Afrika by die Wêreld Studente Spele én die Afrika…

Bekyk risikobestuur vanuit ʼn sielkundige oogpunt

Prof Marise Born het na afloop van haar prestigelesing die nuutste toevoeging tot die indrukwekkende kader buitengewone professore aan die Optentia-navorsingsfokusarea van die Noordwes-Universiteit (NWU) geword.

Prof Born is ʼn vol professor in bedryfsielkunde aan die Erasmus Universiteit in Rotterdam in Nederland. Haar indrukwekkende CV…

NWU lewer PhD-graduandi van regoor Afrika

Nelson Mandela het eenmaal gesê hy droom van ‘n verenigde Afrika, waar leiers kragte saamsnoer  om die kontinent se probleme op te los.

Tydens die Noordwes-Universiteit (NWU) se onlangse PhD-gradeplegtigheid op die kampus in Vanderbijlpark was dit duidelik dat sy droom waar kan word. Sewe graduandi van ander lande op die kontinent het…

Penn State-kenner sluit by Optentia aan

Prof Sinfree Makoni gaan Maandag, 20 Mei 2019 sy prestigelesing as buitengewone professor by die Optentia-navorsingsfokusarea op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark  lewer.

Prof Makoni doseer in die afdeling Toegepaste Linguistiek en Program in Afrikastudies aan Penn State Universiteit in Pennsylvania, VSA.