Hoe tegnologie en gemeenskapsbetrokkenheid die gaping tussen gemeenskappe en regshulp kan oorbrug
Wanneer gemeenskapslede regshulp nodig het, ervaar hulle dikwels groot struikelblokke omdat hulle ontoereikende finansiële hulpbronne het. Een manier om lede van die publiek met regsdienste te skakel, is om aanlyn kanale te gebruik.
Dit is een van die moontlike oplossings wat in die navorsing van prof Lusanda Beauty Juta, waarnemende adjunkdirekteur van die Skool vir Owerheidstudies op die Mahikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), bespreek word.