Gesondheidswetenskappe

NWU se Fakulteit Gesondheidswetenskappe gee erkenning vir uitnemendheid in navorsing en innovasie

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Gesondheidswetenskappe het op 18 November 2020 vir die eerste keer ʼn Navorsing en Innovasie Toekenningseremonie aangebied om erkenning te gee aan die harde werk en prestasies van die fakulteitslede.

Die fakulteit het die prestasie van navorsers volgens gestelde kriteria bereken – nie net is die getal uitsette bereken nie, maar ook die impakfaktor van publikasies en die gehalte van die vaktydskrifte waarin die uitset gepubliseer is.

Submitted on

Borsvoeding bo

Daar is onweerlegbare bewyse dat om babas die eerste ses maande van hulle lewe te borsvoed, talle langtermyngesondheidsvoordele vir ’n kind inhou. ’n Groot getal Suid-Afrikaanse vroue doen dit egter nie.

Submitted on

Sorg vir onsself en die mensdom tydens die Covid-19-pandemie

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het in Maart 2020 die uitbreking van ’n nuwe koronavirussiekte (Covid-19) tot ’n wêreldwye pandemie verklaar. Talle mense word nou deur gevoelens van bekommernis of angstigheid oorval, veral deur die waarskuwings wat die hele tyd verander, die mediadekking, en die nasionale staat van inperking as gevolg van die koronavirus.
Submitted on

The Cave – ondersteuning vir Suid-Afrikaanse maatskaplike werkers wat kinders beskerm

>

Dr Elmien Truter en prof Ansie Fouché is twee geregistreerde maatskaplike werkers en navorsers by die Noordwes-Universiteit (NWU) wat, deur hulle eie praktykervaring en navorsing, die droewe werklikheid geïdentifiseer het waarin maatskaplike werkers wat kinders beskerm hulle werk moet doen.

Submitted on

Gradeplegtigheid simboliseer ’n nuwe geslag wat ’n impak gaan maak

“’n Gradeplegtigheid is in wese ’n simboliese erkenning van ’n nuwe geslag leiers, meningsvormers, kundiges, kunstenaars, wetenskaplikes en entrepreneurs. Kortom: ’n dag waar die doeners van môre na vore tree om raakgesien te word as trotse rentmeesters van volhoubaarheid, innovasie en vordering.”
Submitted on