Die nuwe (onbekende) wêreld van werk
Die wêreld van werk ná die Covid-19-pandemie gaan anders wees as die een waaraan ons gewoond is. Dit is die mening van prof Bennie Linde, ’n professor in arbeidsverhoudinge aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Skool vir Bedryfsielkunde en Mensehulpbronbestuur in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.