Bly op datum

Afname in belegging dui op groter risiko’s vir groeivooruitsig

Die Nedbank Capital Expenditure Project Listing, wat ’n dramatiese afname in vastebeleggingsaktiwiteite in die eerste helfte van 2023 toon, laat ’n sterk rooi lig oor toekomstige beleggings- en groeitendense in die Suid-Afrikaanse ekonomie flits.

Dit gebeur terwyl aanhoudende kragonderbrekings, stygende rentekoerse en kostedruk ’n uitwerking op winsgewendheid het en sakevertroue wegvreet

Submitted on Wed, 07/26/2023 - 11:14

Facing Race Week 2023: Fakulteit Gesondheidswetenskappe dink na oor hoe belangrik dit is om ’n mens se visie uit te bre

Die NWU se Fakulteit Gesondheidswetenskappe het onlangs onder leiding van prof Sanette Brits haar visie gedeel en ’n inspirerende Facing Race Week gehou. Dit is ’n spesiale inisiatief om ’n bewustheid van ras te kweek, inklusiwiteit te bevorder en diversiteit te vier. Hierdie week lange gebeurtenis wentel elke jaar rondom ’n sentrale tema, en hierdie jaar se tema was Verbreed jou visie; waardeer diversiteit (Expand your vision; appreciate diversity).

Submitted on Tue, 07/25/2023 - 12:53

Liezel voeg nuwe pyl by haar atletiek-koker

Daar was min twyfel dat sy dit sou kon doen. Skrap dit – minder as min, maar wel meer as geen. Liezel Gouws sê sy sou miskien nie tydens die verspringgeleentheid by die onlangse Wêreld Para-Atletiekkampioenskap in Parys, Frankryk op die podium geëindig het nie, maar ʼn topposisie was haar gewis beskore.

“Ek het onlangs met verspring begin, maar kon ongelukkig nie in Parys daaraan deelneem nie. Ek glo wel ek sou onder die topvier kon eindig,” vertel dié 25-jarige student van die Noordwes-Universiteit.

Submitted on Mon, 07/24/2023 - 10:33

Naiden Jaarts vlieg!

Dit was so hittete of sy sierlike duik het veroorsaak dat sy vlerke geknip word. Hy lag nou nog half skaam wanneer hy daaraan terugdink. Dit was Maandag 27 Februarie in Potchefstroom tydens die Varsitybeker. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het op die Fanie du Toit-sportterrein met Shimlas kragte gemeet, in wat uiteindelik op ʼn 63–16 drag slae vir die besoekers van Bloem sou uitloop. Net voor rustyd loop die bal teen die lyn af en beland in Naiden Jaarts se gretige hande. Dié vleuel doen wat alle drieëvrate doen.

Submitted on Mon, 07/24/2023 - 08:07

NWU se Rugby-instituut bly ’n produksielyn vir die provinsies

Die Rugby-instituut van die Noordwes-Universiteit (NWU) het weer eens bewys dat hulle een van die land se vernaamste voorsieners van spelers is, met nie minder nie as ses spelers van die NWU Eagles-span wat die Varsitybeker gewen het wat nou provinsiale kontrakte losgeslaan het.

Hierdie spelers het ook hulle onderskeie akademiese grade aan die NWU verwerf of is besig om dit te voltooi, en onderstreep dus weer eens die NWU se verbintenis om goed afgeronde atlete te verskaf wat ’n toekoms het wat verder as die sportveld strek.

Submitted on Fri, 07/21/2023 - 14:48

Strukturele oplossings strek verder as monetêre beleid

Soos die meeste mense verwag het, het die Monetêrebeleidskomitee (MBK) met ’n meerderheid van 3:2 besluit om vir eers die rentekoerse onveranderd te laat in plaas daarvan om dit met ’n verdere 25 basispunte te verhoog.

In sy kommentaar op die MBK se besluit op 20 Julie het prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool by die Noordwes-Universiteit (NWU), gesê dat dit in die lig van die jongste wêreldwye en plaaslike ekonomiese dwarsstrome, asook die kumulatiewe impak van die vorige rentekoersstygings op die ekonomie, die regte besluit van die MBK was.

Submitted on Fri, 07/21/2023 - 10:04

Plaaslike navorser gaan met Cambridge Universiteit saamwerk

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is baie trots op die kaliber van sy akademici. Die kundige werk van die NWU se navorsers en dosente word dikwels internasionaal erken, wat lei tot geleenthede om met van die beroemdste en mees hoogaangeskrewe universiteite in die wêreld saam te werk.

Prof Paul Smit, medeprofessor in en programleier vir Arbeidsverhoudingebestuur by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, is genooi om as besoekende genoot met die Centre for Business Research (CBR) by die Cambridge Universiteit in die Verenigde Koninkryk saam te werk.

Submitted on Thu, 07/20/2023 - 09:43

NWU: Die volhoubare appel val nie ver van TREES se boom af nie

Glansryke advertensies vertoon sondeurdrenkte strande, of jy sien sneeubedekte bergtoppe met uitsigte wat so ver strek as wat die horison dit toelaat. ’n Glimlaggende lugwaardin skink ’n koppie koffie; ’n kosstalletjie langs ’n besige straat verkoop eksotiese eetgoed. Toerisme as ’n ervaring is ’n produk – ’n produk wat verkoop, maar een wat dikwels misverstaan word. Nie net is toerisme ’n kragtige bydraer tot ekonomiese groei nie, maar dit help ook om ons kwesbare ekostelsels in stand te hou.

Submitted on Wed, 07/19/2023 - 15:58